#JouMenseMyMense saam met SPAR – Diakonale pleegsorg gaan Dinokeng toe!

--:--
Die vrywillige veldwagters / ‘voluntary rangers’ van Dinokeng het saam met GROOTfm 90.5 en Superspar Moreletta 12 seuns van Diakonale pleegsorg bederf met ‘n naweek in die bos! Seuns van ouderdomme 6 tot 18 het Vrydag met GROOT opwinding by Dinokeng arriveer en Sondag teruggekeer na Pretoria na hul onderskeie huise van veiligheid. Hierdie seuns kom uit haglike en baie traumatiese omstandighede. ‘My hart het gebreek soos ek met hulle gesels, en hulle kon drukkies gee en herinner daaraan dat hulle toekoms in ons Here lê! Gee nie om hoe hulle omstandighede en lewe ‘toe’ en ‘nou’ lyk nie, hulle vooruitsig en toekoms lyk soos elke Koninklike Erfgenaam s’n – voorspoedig!’

BAIE dankie aan SuperSpar Moreletta vir die seuns se kos en bederfies! Hulle het so lekker spyskaart gehad – van hamburgers tot marshmellows! Wat is ‘n bosveld-vuurtjie sonder hierdie nagereg?! BAIE dankie aan die ‘voluntary rangers’ – vernaamlik Hester en Sarel! Hulle het vir elkeen van die seuns ‘n boekie gemaak en gegee, waarin hulle kon afmerk wat hulle sien. Hulle het ook baie moeite gedoen met die kamp-aktiwiteite, wat natuurlik bokdrol-spoeg ingesluit het! BAIE dankie aan elke rolspeler wat vir ‘n onvergeetlike naweek vir hierdie seuns gesorg het! Ook aan Diakonale pleegsorg – Otto en Suzaan, en julle span – wat so mooi na hierdie lieflike seuns omsien, vir hulle sorg, hulle liefhet en dat julle as hulle ouers, in elkeen van hulle glo!
3 Nov 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min