#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey 2

--:--
Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie) Sy het behandeling en ‘n operasie ondergaan by ‘n staatshospitaal waar sy in die teater as gevolg van die ‘n negatiewe reaksie met die narkose tweemaal ophou asem haal het. My baba dogtertjie is al deur soveel pyn en trauma en huil as sy ‘n Dokter sien...
Wanneer mens dié hulpkreet hoor, is dit nie moeilik om die omvang van hierdie mamma en pappa se liefde teenoor hul prinses te besef nie. Ten koste van hulleself, sal hulle enigiets doen om behoorlike en deeglike sorg vir Avorey te kry, want sy ‘sal eendag die Here se goedheid en waarheid op voet verkondig’, soos mamma Mariska sê. Sy is so lief daarvoor om ‘stapsoldaatjie te sing’, en gaan binnekort ook een wees!
Liewe Mariska, Wynand, Micheila, Abigail, Milarka, Melissa en Avorey (wat ‘toevallig’ die woord, MAMMA, spel)…Baie dankie dat julle met groot waagmoed julleself kwesbaar gemaak het. Daar is soveel ‘victory in vulnerability’. Dankie aan ons Hemelse Vader en Koning wat die afsprake maak, en ons die fasiliteerders. Wat ‘n GROOT voorreg om verskilmaak-vennote soos Everest Wealth Management te hê – wat Avorey se operasie ten volle gaan betaal. Dankie aan ‘n GEEmeenskap wat GROOTfm 90.5 in staat stel om ‘n verdere bydrae te lewer ten bate van Avorey se behandeling. En, ‘n GROOT dankie aan SPAR, ons grootste vennoot van verskilmaak.
11 Nov 2021 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min