Steeds Vrou - Sy (Alta Strauss)

Loading player...
Baie keer is ons bang om onsself kwesbaar te stel, maar dit is juis in daardie kwesbare oomblikke wat ander kan vereenselwig met die beeldskone kompleksiteit van ons menswees. Mense leer meer uit hoe ons opstaan nadat ons platgeslaan is, as wat hulle ooit sal leer uit ons glansryke oomblikke. Maak jouself los van die dinge wat jou steeds gevange hou. Daar is iets bevrydend daarin om ander toe te laat om die krake in die porselein te sien en te besef dat ander daarin hoop vir hul eie stryd vind. Laat Jesus toe om deur daardie krake te skyn tot in die harte van ander.
6 Dec 2021 Afrikaans South Africa Books · Language Learning

Other recent episodes

Tannie Maria pak vetplantstropers in nuwe boek

Met haar liefde vir kos, die Karoo en mense - en ‘n besondere talent om haarself telkens in moordraaisels vas te loop - het tannie Maria ‘n unieke plek in lesers se harte gekry.
28 May 19 min