Steeds Vrou - Gedig uit die Kalahari (Alta Strauss)

Loading player...
Gebore in Namibië, met grootwordjare in die Kalahari, tussen die rooi van die Kalahari-duine, groen wingerde en swartkop Dorper-skape, teen die sterk oewers van die Oranjerivier, sal daardie rooi sand altyd deur my are vloei. Iemand het eenmaal gesê, geseënd is hy wat die mooi sien in al die plekke waar ander niks sien nie, en dit is so waar van hierdie wêreld. Dit leer jou iets oor vergenoegdheid, van dankbaarheid. Wanneer ’n swaar reënbui, sewe jaar van droogte breek, en jy in daardie geel dubbeltjie-blom, die goedheid en trou van die Here sien, en dankbaar op jou knieë gaan en weet wié hoop op die Here sal nie beskaamd staan nie.
6 Dec 2021 Afrikaans South Africa Books · Language Learning

Other recent episodes

Tannie Maria pak vetplantstropers in nuwe boek

Met haar liefde vir kos, die Karoo en mense - en ‘n besondere talent om haarself telkens in moordraaisels vas te loop - het tannie Maria ‘n unieke plek in lesers se harte gekry.
28 May 19 min