#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die 'den' in Dinokeng

--:--
Die definisie van ‘n ‘den’ is onder andere ‘n plek van veiligheid, ‘n skuiling…en dit is presies wat Dinokeng se ‘den’ – vir gebruik deur die vrywillige veldwagters – vir 12 leerders van Skoliwe, geleë in die informele nedersetting, Plastic View, die afgelope naweek was. ‘n Plek van veiligheid, waar vreugde en verwagting ‘n baie groter spasie as waaraan hulle gewoond is, gevul het.

Vir die groep van Skoliwe, was die tent wat groter as hulle huise is, die warm stort en bed, buiten die bos en diere-besigtigings, van die vele hoogtepunte. Die aktiwiteite het van spoorsny en inkleur, tot skattejag en kolwyntjies-versier, en ‘n gewyde, heilige opening op Vadersdagoggend ingesluit. En natuurlik, was daar malvalekkers op die vuur voorberei. Die groep is vergesel deur Sophy Torima, die skoolhoof van Skoliwe, Agnes Radebe, Projekbestuurder van SA Cares For Life, Joel Mabunda en Francis Tasariraona, Operasionele Bestuurders by SA Cares for Life. Die groep van Dinokeng Vrywillige veldwagters was Theresa Eilwood, Diana de Coning, Riana Kruger, Louise Kruger en Debbie Smuts, almal onder leiding van Theuns Kruger. Dit was ook saam met veldwagter Johan Oosthuizen, sy omvattende boskennis en die borgskap van sy wildbesigtigingsvoertuig waarmee die groep die Dinokeng-leeus gesien het!

Mag ons nooit die omstandighede van baie mense onderskat nie. Ook nie die wegbreek en asemskep-geleentheid uit hierdie omstandighede nie. Mag ons nooit die voorreg om in ‘n kar te klim en bos toe te ry voor die hand liggend aanvaar nie. Mag ons nooit die belewenis van ‘n warm stort en bed as ‘n reg beskou nie.

‘n GROOT dankie aan die spanvrywilligers van Dinokeng wat hulle langnaweek opgeoffer het om ‘n massiewe verskil gemaak het. Aan borge wat bygedra het tot hierdie groot verskilmaak! Aan SPAR vir die kruideniersware waarmee die kinders en personeel kon feesvier! En wat hierdie alles moontlik maak! En laastens, aan Cosmo Group vir die warm slaap!
21 Jun 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min