#JouMenseMyMense saam met SPAR – Geen stut kan haar stuit!

--:--
Daar is seker ‘n rede hoekom Dané Steyn met rooi hare gebore is…want aan hierdie vlam en VUUR is daar geen keer nie! Dane Steyn is slegs ‘n paar weke na haar 13de verjaarsdag gediagnoseer met Adolescent Idiopathic Scoliosis (ICD10 Code: M41.20). Haar ‘kurwe’ van haar T8 tot haar L3-werwel is tans by 55° en die rotasie op haar T11-werwel is by at 32°. In ‘luimens’-terme, grens hierdie graad van skoliose op lewensgevaarlik, siende dat die drukking wat deur die skoliose veroorsaak word, teen Dané se organe kan begin druk, en orgaanfunksie beinvloed. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…

Dane moet tans hierdie stut vir 23-uur van die dag dra. Sy moet ook daagliks strekoefeninge doen soos voorgeskryf deur die fisioterapeut, en daar word gereeld X-trale geneem om haar groei te monitor. Sy het haar eerste stut in Februarie vanjaar ontvang.

Soos alle mediese kondisies is die uitgawes geweldig groot. Die Steyn-gesin is dankbaar dat hulle mediese fonds ‘n groot gedeelte van die stut se koste gedek het, en die res van die fondse was as ‘n skenking aan hulle gegee. Mamma Nicolene het ook begin om ‘poppies’ te maak om fondse te genereer. Die verkope het hulle almal verras, en gebruik Nicolene en Dané dit as ‘n tyd waartydens hulle ook kan ‘bond’.

Alhoewel hulle uitgawes vir nou binne bereik is, lê daar nog baie onsekerheid vir hulle as gesin voor. Einde Junie gaan die spesialis ‘n besluit neem of Dané moet aanhou om die stut te dra, óf of hulle moet voortgaan met die operasie. Alhoewel die prosesse en prosedures onsekerheid insluit, is die uitkoms ‘n wen-wen. Dané sal hiervan genees!
29 Jun 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min