#JouMenseMyMense saam met SPAR – Onblusbaar!

--:--
Hierdie was sonder twyfel een van die mees uitsonderlike kuiers met die onvergeetlike, alom inspirerende Annetjie de Kock! Sy het haar nek gebreek op 7 en ‘n half maande tydens ‘n ongeluk by die dagsorg. Van die dag af is sy verlam. Sy het deur die jare verskeie operasies aan haar arms gehad wat haar eintlik net “vermink” gelaat het. Sy is so positief, en noem tydens die onderhoud sy kan so gelukkig wees dat haar rugmurg nie beskadig is nie…Sy kies om so positief te wees, want sy sê dis vir haar lekker! Anders sal sy net in ‘n hoekie sit, en haarself jammerkry, en nie die mense ontmoet wat sy reeds ontmoet het nie.

Annetjie de Kock is deur geweldig baie. Nie net is sy totaal afhanklik van mense se hulp nie, maar is haar twee hoofversorgers kort na mekaar oorlede – verlede jaar haar pa, en verlede maand, haar ma. Sy sê dis nie ‘meer so seer nie’…

Sy is op 2 Februarie vanjaar in Wilgers hospitaal opgeneem as gevolg van ‘n drukseer. Daar is eers ‘n kolostomie gedoen voordat die drukseer herstel is. Daar was egter komplikasies omdat sy nie op haar maag kan lê nie vanweë die wanposisie van haar arms en skouers. Die drukseer sukkel om gesond te word ten spyte van ‘n 2de chirurgiese prosedure. Die oggend wat ons gaan kuier het, het die internis ook ingeloer en die goeienuus gedeel wat die seer aansienlik beter lyk. Die vooruitsig van huis toe gaan, lyk skielik weer helder! Annetjie is reeds so opgewonde, dat sy haar rolstoel-battery laat kom het om te herlaai. Nie enige battery nie, ‘n kar-battery, waarmee sy so tevrede is…Sy soek niks meer nie…Luister gerus na hierdie oorwinningsverhaal…
12 Jul 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min