#JouMenseMyMense saam met SPAR – “Julle is meer werd as baie mossies.”

--:--
Monita Venter het aan ons ‘n hulpkreet gerig. Hulle koskaste, so ook hulle motor se tenk is dolleeg. Ma Monita en Pa FJ het albei hulle werke verloor, en is tans in ‘n donker gat. Hulle moet huur betaal, en na hulle twee pragtige dogters omsien. Haar 9-jarige dogter woon tans by haar Ouma – die omstandighede daar is effens beter en kan hulle vir haar gee wat Monita en FJ nie kan nie.

Monita en FJ se harte breek om nie hulle oudste dogtertjie by hulle te kan hê nie. Maar, hulle weet die opoffering is nie tevergeefs nie. Monita is ‘n gekwalifiseerde nael-tegnikus, en FJ is gekwalifiseerd om konstruksiewerk te doen.

Monita deel met ons ‘n guns wat iemand aan hulle bewys het. ‘n 1c-muntstuk wat gepaardgaan met ‘n – soos die vrou dit noem – mossieprojek. Saam met hierdie 1c-muntstuk, vasgelê in ‘n sleutelhouer, staan die vers uit Mattheus 10: 29 tot 31 - “Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”
Liewe Monita, FJ, en julle twee prinsesse. Sonder twyfel is julle meer werd as mossies. Hou vas aan hierdie vers, maar bly vashou aan Hom, wat vir julle uitkoms en keerpunt sal sorg, sodat julle ook kan bly getuig van Sy goedheid, en kan bevestig en beaam aan ander, dat gee nie om hoe diep julle gat nou is nie, Hy sal voorsien.
6 Sep 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min