#JouMenseMyMense saam met SPAR – Zavian Ainslie

--:--
Wat ‘n voorreg om julle voor te stel aan besonderse mense. Mamma Lisa, Pappa Kobus, Sussie Zaskia en Boetie Zavian! Daar is soveel vreugde en liefde in hierdie huis en tussen hierdie huisgesin, maar, hiermee saam is daar ook bekommernisse. Die groot bekommernis oor wanneer dit hulle seuntjie, Zavian, net meer as een-jaar oud, se laaste dag saam met hulle is. Alhoewel hierdie bekommernis nie gesag dra nie, is dit onvermydelik. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…

Zavian Ainslie is gebore op 16 Julie 2021 met ‘n hart-kwaal wat bekendstaan as Tricuspid Valve Atresia en PDA. Dit beteken dat die klep tussen die twee regterkantste hartkamers het nie ontwikkel nie. Hy het ‘n gat in sy hart, wat eintlik ironies genoeg sy lewe gered het.
Genevieve Ellis, Mamma Lisa se Ma, het verlede jaar ‘n versoek aan ons gerig om te help met finansiering vir ‘n hartoperasie, wat ongeveer R 348,333.32 sou kos. Lisa en Pappa Kobus het ongelukkig eers na Zavian se geboorte by ‘n mediese fonds aangesluit, wat beteken het dat die fonds nie hierdie operasie goedgekeur het nie.
Die oggend van die 16de Julie, wat veronderstel was om ‘n vreugde- en vredevolle ervaring moes wees, het in ‘n geweldige traumatiese oomblik ontaard. Nadat Zavian gebore is, was hy nie dadelik by sy mamma, Lisa nie. Lisa sê sy het gewonder wat aangaan, en toe Pappa Kobus by die kamer instap, het sy geweet iets is fout. Sy het vir Zavian eers die volgende dag in die Intensiewe Sorgeenheid gesien, vol pypies – ‘n prentjie wat nog vlak in Lisa se geheue lê.
Lisa en Kobus besoek elke twee maande die hartspesialis om Zavian se vordering dop te hou. In April vanjaar het hulle weer ‘n besoek afgelê, en die nuus ontvang dat dokters niks meer vir Zavian kan doen nie. In die presiese woorde: “Zavian is not a candidate for further operations.”

Hierdie weerlose, liefdevolle ouers het gehoor dat sy suurstof gaan minder word, en dat hulle elke oomlik met hom moet geniet. Dit kan weke tot maande wees, óf hy kan lewe tot op die ouderdom van 7-10 jaar.

Zavian se suurstoftelling tydens die laaste ondersoek en besoek was 75% - dieselfde as twee maande terug. Mamma Lisa en Pappa Kobus is baie dankbaar vir die stabilisering van sy suurstofinhoud, en bid dat dit so sal bly.

Sy ouers, saam met sy sussie, Zaskia, is onbeskryflik lief vir hom, en dankbaar vir hulle familie en ondersteuningsnetwerk wat vir hulle so baie beteken. Lisa en Kobus werk albei voldag, om al hulle onkostes ted ek. Hulle fokus op sy gesondheid, en verklaar daagliks dat hy veel ouers as 10 jaar gaan word. Hulle koester elke oomblik en geleentheid saam, en is gerig daarop om soveel moontlike herinneringe te kweek terwyl hulle saam is. Hulle grootste wens is om Zavian se voete in die seesand te sit en te sien!

Ons weet hulle smag na geleenthede om herinneringe te kweek, en, het ons het vir Rynard en Therien, ons goeie vriende van ATKV Oorde, vertel van die gesin se behoefte. Hulle Seën graag vir Lisa, Kobus, Zaskia en Zavian met vier nagte se verblyf by ATKV Klein Kariba vir juis daardie herinneringe. Ons is dankbaar dat ons ook vir hulle, met behulp van SPAR, ‘n R1 500-geskenkbewys kon gee en ‘n R500 brandstof-geskenkbewys.
Ons weet dat geen prognose of diagnose, geen aardse voorspelling of vooruitsig ons Vader se almag, Sy gesag, en Sy genesingskrag oorheers nie. Ons beaam en verklaar die volgende woorde van Leeland in hulle liedjie, ‘Waymaker’, wat lees: “You are, Waymaker, miracle worker, promise keeper, light in the darkness! You are here, touching every heart, healing every heart, turning lives around, mending every heart.” En wat ‘n voorreg om as GROOT-familie en GEEmeenskap ook nou deel van jou ondersteuningsnetwerk te kan wees, wat saam glo, hoop, vertrou en verklaar!
19 Oct 2022 Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

JMMM 21 SEP

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5…
2 Oct 2023 5 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met…
22 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil…
16 Nov 2022 14 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie!

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir…
9 Nov 2022 9 min

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en…
1 Nov 2022 11 min