#2  Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 2

--:--
Sel 35 – die Thabo Bester-storie: Episode 2

Ons stap deur Suid-Afrika se misdaaddoolhof op Thabo Bester se geldspoor. Het die glansdokterpreneur dr. Nandipha Magudumana sy beweerde miljarde nagejaag? Gee sy nuwe betekenis aan die term “slay queen”? Het geld, aansien en haar status op sosiale media haar oordeelsvermoë vertroebel?

Of is sy ’n slagoffer van die Stockholm-sindroom en het sy weens vrees vir haar familie se lewe, haar oënskynlik perfekte lewe op die spel geplaas om ’n meestermisdadiger te help ontsnap uit ’n maksimum-gevangenis?
Season 1 / Episode 2 25 Apr 2023 Afrikaans South Africa True Crime · True Crime

Other recent episodes

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 10

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 10 Om te dink dié drama begin met ’n foto van ’n glansdokter en ’n bottel vrugtesap in Woolworths ... Die Thabo Bester en dr. Nandipha Magudumana-storie is die laaste tyd oral in die nuus. Bester, ’n berugte verkragter en moordenaar, bewerkstellig ’n…
Season 1 / Episode 11 11 min

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 9

SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 9 Die Thabo Bester-storie word beskryf as die mediasirkus sonder einde. In hierdie voorlaaste aflewering van dié reeks, bekyk ons die weke lange mediadekking wat die een, ná die ander wending in dié drama onthul, of sosiale media wat interessante inhoud oplewer of…
Season 1 / Episode 10 10 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 8

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 8 Die swendelaar Thabo Bester se verlede het hom ingehaal en was moontlik indirek die rede waarom hy ’n plan moes bedink om finaal sy vryheid te probeer koop. Was dit nie vir gewone Suid-Afrikaners se verslagdoening, speurvernuf en oplettendheid nie, het hy…
Season 1 / Episode 9 12 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 7

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 7 Hoe maak ’n gevangene – soos die verkragter en moordenaar Thabo Bester – meer geld uit sy sel as miljoene hardwerkende Suid-Afrikaners daarbuite? En hoe omseil Bester finansiële instellings se regulasies, asook Jan Taks se valkoë? Is dit dalk nog van die…
Season 1 / Episode 8 11 min

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 6

Sel 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 6 Ná byna ’n dekade se ondersoekwerk by G4S se maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein, het die Britse joernalis Ruth Hopkins in ons vorige episode verduidelik hoe sameswering en korrupsie die verkragter en moordenaar Thabo Bester in staat gestel het om te ontsnap – en…
Season 1 / Episode 6 7 min