Delf Steeds Dieper

--:--
Ons het nodig om die boodskap van ons Vader wat Hy deur die karakters en geskiedenis van die Ou Testament vir ons gee, te hoor en te verstaan sodat dit wat Hy in die Nuwe Testament vir ons leer, te kan begryp en toe te pas.
Verder speel die twaalf stamme profeties ‘n baie belangrike rol in die verhaal van die Woord. Vir hierdie rede wil ek graag in Delf Steeds Dieper, in ‘n reeks letter delf in alles wat daar te leer is uit die kinders van Jakob en hoe hulle lewe in die stamme uitgespeel het. Hierdie reeks sal onderbreek word met ander onderwerpe.
Op Maandag 10 Julie – die inleiding tot hierdie leersame gesprek.
11 Jul 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Gebedspunte om vir die verkiesing te bid

In die aanbieding van Delf Steeds Dieper uitgesaai op 17 Mei 2024, gee Amanda Le Roux gebedspunte vir elkeen wat graag vir die verkiesing bid. Daarna kan ons leer van Suzette Hattingh wat lering gee uit Moses se gebed toe hy kwaad en ontsteld was maar steeds opreg kon bid…
17 May 1 hr 16 min

Wie ons Skepper-God in Sy heiligheid en Almag is en of ons dit verstaan.

Wie ons Skepper-God in Sy heiligheid en Almag is en of ons dit verstaan, staan waarlik sentraal in hierdie uitsending. Arno van Niekerk verduidelik die rol en belangrikheid van Lof en aanbidding. Esté verduidelik die besondere betekenis van Moses se vier altare wat alles dui op ons verhouding met Vader…
10 May 1 hr 36 min

Die betekenis van die lewe van Moses

In die potgooi van hierdie aanbieding van die program Delf Steeds Dieper wat op Vrydag 3 Mei 2024 uitgesaai word, kan jy gerus verder saam kuier en dink en indrink oor die betekenis van die lewe van Moses. Denise Woods neem die verhaal van Daniel Lindley verder, oom Willie Marais…
3 May 1 hr 27 min

Die moed en daadkrag van Moses

Hier begin ‘n nuwe bladsy. Iets uit die Woord: Kom ons verwonder ons oor die moed en daadkrag van Moses. Iets uit die Geskiedenis: Leer saam van die heerlike inligting wat Denise Woods deel oor die bydrae wat Daniel Lindley tot vroeë Afrikaanse geskiedenis gemaak het toe hy In 1834…
26 Apr 1 hr 19 min

Moses

Vir ‘n laaste keer word hierdie program op ‘n Maandag uitgesaai. Kuier gerus voortaan saam op Vrydag 9 tot 11 vm. In hierdie program gesels ons oor Moses. Wat ‘n man. Watter gehoorsaamheid en opoffering. Luister en beleef saam!
15 Apr 43 min