Antoinette Maree

--:--
Om in ‘n hospitaal opgeneem te word vir ‘n spesifieke operasie en dan later te hoor dat jy met ‘n ernstige kanker gediagnoseer word, sal vir enigeen ‘n skok wees. In hierdie uitsending van Delf Steeds Dieper, vertel Antoinette Maree hoe ons Vader haar en haar gesin gedra het deur maande van ernstige beproewing. Na alles getuig sy daarvan dat ons Vader presies geweet het waar Hy haar inlei – haar verwagting en geloof in Hom is deur elke volgende beproewing verstek.
Luister en beleef bemoediging
17 Jul 2023 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Wie ons Skepper-God in Sy heiligheid en Almag is en of ons dit verstaan.

Wie ons Skepper-God in Sy heiligheid en Almag is en of ons dit verstaan, staan waarlik sentraal in hierdie uitsending. Arno van Niekerk verduidelik die rol en belangrikheid van Lof en aanbidding. Esté verduidelik die besondere betekenis van Moses se vier altare wat alles dui op ons verhouding met Vader…
10 May 1 hr 36 min

Die betekenis van die lewe van Moses

In die potgooi van hierdie aanbieding van die program Delf Steeds Dieper wat op Vrydag 3 Mei 2024 uitgesaai word, kan jy gerus verder saam kuier en dink en indrink oor die betekenis van die lewe van Moses. Denise Woods neem die verhaal van Daniel Lindley verder, oom Willie Marais…
3 May 1 hr 27 min

Die moed en daadkrag van Moses

Hier begin ‘n nuwe bladsy. Iets uit die Woord: Kom ons verwonder ons oor die moed en daadkrag van Moses. Iets uit die Geskiedenis: Leer saam van die heerlike inligting wat Denise Woods deel oor die bydrae wat Daniel Lindley tot vroeë Afrikaanse geskiedenis gemaak het toe hy In 1834…
26 Apr 1 hr 19 min

Moses

Vir ‘n laaste keer word hierdie program op ‘n Maandag uitgesaai. Kuier gerus voortaan saam op Vrydag 9 tot 11 vm. In hierdie program gesels ons oor Moses. Wat ‘n man. Watter gehoorsaamheid en opoffering. Luister en beleef saam!
15 Apr 43 min