#1  Anton Goosen

--:--
Anton Goosen in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

Anton Goosen – die veel bekroonde Liedjieboer – is een van die grootste ikone van die Afrikaanse musiekbedryf. Sy eerste solusseweplaat het reeds in 1967 verskyn, terwyl sy jongste album meer as vyftig jaar later in 2019 verskyn het. Sy outobiografie, getiteld Liedjieboer en geskryf deur Hanlie Retief, het in 2020 verskyn.

In hierdie aflewering gesels Anton veral oor sy persoonlike ervarings met betrekking tot sensuur in die Afrikaanse musiekbedryf. Reeds van vroeg af in sy musiekloopbaan is hy van verhoë verban, of mag sy liedjies nie op nasionale radio gespeel geword het nie. Met die Musiek en Liriek-beweging het hy en medekunstenaars soos David Kramer, Coenie de Villiers en Lucas Maree reeds lank voor die rewolusie van Voëlvry kritiek op die Suid-Afrikaanse samelewing gelewer, met die gevolg dat baie van hulle albums of liedjies verban is, of met beperkings of waarskuwings vrygestel is. By die befaamde Houtstok-konsert op 31 Mei 1990 het Anton Goosen en die Kommissie van Ondersoek luidkeels op die verhoog 'n liedjie met omstrede woorde gesing. Luister hoe Anton hieroor gesels en besin of dit in 2020 nog steeds relevansie het.

[Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
Season 1 / Episode 1 25 Jul 2023 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture

Other recent episodes

Neil Sandilands

Neil Sandilands in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Neil Sandilands is sonder twyfel een van die bekendste Suid-Afrikaanse Hollywoodsterre, met rolle in onder andere 'n Tom Hanks-film, 'n Robert Downey Jr.-produksie en met hoofrolle in die reekse The 100 en The Flash. Plaaslik is hy ook bekend as onder andere…
Season 1 / Episode 6 1 hr 05 min

Sophia Kapp

Sophia Kapp in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Sophia Kapp is 'n bekende skrywer van Afrikaanse romanses, liefdesromans en ander fiksiegenres. Verskeie van haar boeke is al bekroon, terwyl haar boeke ook dikwels bo-aan die topverkoperlyste in Suid-Afrika pryk. Een van haar bekendste en gewildste boeke is sekerlik Oorlewingsgids vir…
Season 1 / Episode 11 59 min

Leon van Nierop

Leon van Nierop in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Leon van Nierop is sinoniem met die Afrikaanse filmbedryf – nie net as bekende en gerespekteerde filmkritikus nie, maar ook as akademikus, navorser, draaiboekskrywer, vervaardiger, regisseur en akteur. Of is hy eintlik sinoniem met die radiowese? Of as skrywer? Leon se…
Season 1 / Episode 5 1 hr 07 min

Melt Sieberhagen

Melt Sieberhagen in gesprek met Gerhard van Huyssteen. In die Afrikaanse komediewêreld is Melt Sieberhagen een van die prominentste figure, veral onder 'n nuwe geslag akteurs. Sy bekendheid strek egter wyer as net in komediesirkels: Hy is ook 'n gerekende en geliefde TV-, film- en verhoogakteur, regisseur, redigeerder, skrywer en…
Season 1 / Episode 9 56 min

Kim Cloete

Kim Cloete in gesprek met Elmarie Claassens. Kim Cloete is 'n bekende akteur wat haar loopbaan begin het as veldaanbieder vir 'n kinderprogram, en sy word geken vir haar deernisvolle vertolking van ingewikkelde karakters. Sy is nie net 'n aktivis-akteur nie, maar ook 'n suksesvolle sakevrou. Kim gesels in hierdie…
Season 1 / Episode 8 1 hr 07 min