Afrikaans.Radio Wat de Vloekwoord?!

Wat de Vloekwoord?!

"Wat de vloekwoord" is 'n podsendingreeks waarin die standpunte en houdings van inhoudskeppers in die vermaaklikheidswêreld en media oor vloek en taboe onderwerpe ontgin word.

Deur onderhoude met bekende (Afrikaanse) skrywers, TV- en filmvervaardigers, regisseurs, akteurs, musikante, redakteurs, joernaliste, podsenders en bloggers leer ons meer oor sensuur in Suid-Afrika, wat die funksie van vloek is, hoe kykers en luisteraars op vloekwoorde reageer, ensovoorts.

Dié reeks is deel van 'n groot navorsingsprojek wat handel oor vloek in Afrikaans en verwante tale.
Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture
14 Episodes

Anton Goosen

Anton Goosen in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Anton Goosen – die veel bekroonde Liedjieboer – is een van die grootste ikone van die Afrikaanse musiekbedryf. Sy eerste solusseweplaat het reeds in 1967 verskyn, terwyl sy jongste album meer as vyftig jaar later in 2019 verskyn het. Sy outobiografie, getiteld…
Season 1 / Episode 1 50 min

Amanda Strydom

Amanda Strydom in gesprek met Elmarie Claassens. Amanda Strydom is een van Afrikaans se bekendste sangers, addisioneel tot haar bekendheid as kabaretster, skywer, radio-omroeper, akteur en TV-ster. Sy begin haar loopbaan as akteur, maar vestig haar ook as liriekskrywer en sanger in 1979 met die reusetreffer "Ek loop die pad"…
Season 1 / Episode 2 49 min

Claire Johnston

Claire Johnston in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Claire Johnston – die bekende hoofsanger van Mango Groove – is Suid-Afrikaanser as Suid-Afrika, al is sy eintlik 'n boorling van Engeland. Tydens haar studies aan die Universiteit van die Witwatersrand word sy die hoofsanger van Mango Groove, 'n posisie wat sy…
Season 1 / Episode 3 43 min

Beer Adriaanse

Beer Adriaanse in gesprek met Elmarie Claassens. Beer Adriaanse het onder andere bekendheid verwerf as akteur in Wonderlus, Kanarie, Fynskrif en Boer soek 'n ou. Hy is 'n veelsydige akteur, regisseur, skrywer en musikant. Beer gesels in hierdie episode oor omgekeerde rebellie, asook oor die fyn lyn in skryf tussen…
Season 1 / Episode 4 1 hr 23 min

Leon van Nierop

Leon van Nierop in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Leon van Nierop is sinoniem met die Afrikaanse filmbedryf – nie net as bekende en gerespekteerde filmkritikus nie, maar ook as akademikus, navorser, draaiboekskrywer, vervaardiger, regisseur en akteur. Of is hy eintlik sinoniem met die radiowese? Of as skrywer? Leon se…
Season 1 / Episode 5 1 hr 07 min

Neil Sandilands

Neil Sandilands in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Neil Sandilands is sonder twyfel een van die bekendste Suid-Afrikaanse Hollywoodsterre, met rolle in onder andere 'n Tom Hanks-film, 'n Robert Downey Jr.-produksie en met hoofrolle in die reekse The 100 en The Flash. Plaaslik is hy ook bekend as onder andere…
Season 1 / Episode 6 1 hr 05 min

Dawid Minnaar

Dawid Minnaar in gesprek met Elmarie Claassens. Dawid Minnaar is 'n bekroonde en geliefde akteur en is bekend vir rolle op die silwerskerm, verhoog, TV en radio. Dawid is al vir 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf en is sonder twyfel 'n ikoon in Suid-Afrikaanse film- en teater. Dawid gesels gesels…
Season 1 / Episode 7 1 hr 06 min

Kim Cloete

Kim Cloete in gesprek met Elmarie Claassens. Kim Cloete is 'n bekende akteur wat haar loopbaan begin het as veldaanbieder vir 'n kinderprogram, en sy word geken vir haar deernisvolle vertolking van ingewikkelde karakters. Sy is nie net 'n aktivis-akteur nie, maar ook 'n suksesvolle sakevrou. Kim gesels in hierdie…
Season 1 / Episode 8 1 hr 07 min

Melt Sieberhagen

Melt Sieberhagen in gesprek met Gerhard van Huyssteen. In die Afrikaanse komediewêreld is Melt Sieberhagen een van die prominentste figure, veral onder 'n nuwe geslag akteurs. Sy bekendheid strek egter wyer as net in komediesirkels: Hy is ook 'n gerekende en geliefde TV-, film- en verhoogakteur, regisseur, redigeerder, skrywer en…
Season 1 / Episode 9 56 min

Chris Vorster

Chris Vorster in gesprek met Elmarie Claassens. Chris Vorster – bekend as onder andere Ryno Lategan van 7e Laan-faam – is sedert 1995 'n skrywer en regisseur vir en akteur op verhoog en televisie. Hy het al ongeveer 55 verhoogproduksies geskryf, asook die regie van baie daarvan gedoen. Hy is…
Season 1 / Episode 10 49 min

Sophia Kapp

Sophia Kapp in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Sophia Kapp is 'n bekende skrywer van Afrikaanse romanses, liefdesromans en ander fiksiegenres. Verskeie van haar boeke is al bekroon, terwyl haar boeke ook dikwels bo-aan die topverkoperlyste in Suid-Afrika pryk. Een van haar bekendste en gewildste boeke is sekerlik Oorlewingsgids vir…
Season 1 / Episode 11 59 min

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver in gesprek met Elmarie Claassens. Marita van der Vyver is een van Afrikaans se bekendste skrywers met meer as 30 publikasies agter haar naam, insluitende volwasse, kinder- en jeugromans, kookboeke, essays, radiodramas, vertalings, en so meer. Talle van haar boeke is met van die belangrikste toekennings…
Season 1 / Episode 12 51 min

Kobus van Rooyen

Kobus van Rooyen in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Prof. Kobus van Rooyen is een van die prominentse figure in die ontwikkeling van publikasiebeheer in Suid-Afrika. Hy was onder andere vanaf 1980 tot 1990 voorsitter van die Appèlraad oor Publikasies toe boeke soos Magersfontein o Magersfontein! en Kennis van die…
Season 1 / Episode 13 47 min

Hunter Kennedy

Hunter Kennedy in gesprek met Elmarie Claassens. Hunter Kennedy is 'n bekende rocker en die skepper van die lirieke van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties – Suid-Afrikaanse musiekgroepe met kultusstatus. Hunter gesels in hierdie aflewering oor 20 jaar in die musiekbedryf, die "Fok God"-insident, sy proses om liedjies te skryf,…
Season 1 / Episode 14 45 min