#3  Claire Johnston

--:--
Claire Johnston in gesprek met Gerhard van Huyssteen.

Claire Johnston – die bekende hoofsanger van Mango Groove – is Suid-Afrikaanser as Suid-Afrika, al is sy eintlik 'n boorling van Engeland. Tydens haar studies aan die Universiteit van die Witwatersrand word sy die hoofsanger van Mango Groove, 'n posisie wat sy nog tot vandag (meer as 35 jaar later) beklee. As solis het sy ook twee eie albums opgeneem en sing dikwels nie Nasionale Lied voor groot internasionale sportgeleenthede.

Claire gesels in hierdie aflewering oor haar grootwordjare in 'n huis waar daar nie gevloek is nie (al was haar eerste vloekwoord op driejarige ouderdom!). Aandag word ook gegee aan leenvloekwoorde oor en weer in Afrikaans en Engels. Die gesprek fokus dan uiteindelik vir 'n groot deel oor Mango Groove as rol in die oorgangsjare na 'n nuwe bestel in Suid-Afrika en hoe hulle op ander maniere as met eksplisiete politieke lirieke deel was van die verandering wat plaasgevind het.

[Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.]

NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.
Season 1 / Episode 3 25 Jul 2023 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture

Other recent episodes

Neil Sandilands

Neil Sandilands in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Neil Sandilands is sonder twyfel een van die bekendste Suid-Afrikaanse Hollywoodsterre, met rolle in onder andere 'n Tom Hanks-film, 'n Robert Downey Jr.-produksie en met hoofrolle in die reekse The 100 en The Flash. Plaaslik is hy ook bekend as onder andere…
Season 1 / Episode 6 1 hr 05 min

Sophia Kapp

Sophia Kapp in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Sophia Kapp is 'n bekende skrywer van Afrikaanse romanses, liefdesromans en ander fiksiegenres. Verskeie van haar boeke is al bekroon, terwyl haar boeke ook dikwels bo-aan die topverkoperlyste in Suid-Afrika pryk. Een van haar bekendste en gewildste boeke is sekerlik Oorlewingsgids vir…
Season 1 / Episode 11 59 min

Leon van Nierop

Leon van Nierop in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Leon van Nierop is sinoniem met die Afrikaanse filmbedryf – nie net as bekende en gerespekteerde filmkritikus nie, maar ook as akademikus, navorser, draaiboekskrywer, vervaardiger, regisseur en akteur. Of is hy eintlik sinoniem met die radiowese? Of as skrywer? Leon se…
Season 1 / Episode 5 1 hr 07 min

Melt Sieberhagen

Melt Sieberhagen in gesprek met Gerhard van Huyssteen. In die Afrikaanse komediewêreld is Melt Sieberhagen een van die prominentste figure, veral onder 'n nuwe geslag akteurs. Sy bekendheid strek egter wyer as net in komediesirkels: Hy is ook 'n gerekende en geliefde TV-, film- en verhoogakteur, regisseur, redigeerder, skrywer en…
Season 1 / Episode 9 56 min

Kim Cloete

Kim Cloete in gesprek met Elmarie Claassens. Kim Cloete is 'n bekende akteur wat haar loopbaan begin het as veldaanbieder vir 'n kinderprogram, en sy word geken vir haar deernisvolle vertolking van ingewikkelde karakters. Sy is nie net 'n aktivis-akteur nie, maar ook 'n suksesvolle sakevrou. Kim gesels in hierdie…
Season 1 / Episode 8 1 hr 07 min