Saterdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

Loading player...
MATTEUS 14

25Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. 26Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu.
27Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”
28Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”
29“Kom!” sê Hy.
Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. 30Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”
31Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”
32Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. 33Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”
23 Sep 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

LUKAS 3 Prediking van Johannes die Doper. (Mt. 3:1-12 en ooreenk. pl.) 1EN in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tibérius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judéa en Herodes viervors van Galiléa, en Filippus, sy broer, viervors van Ituréa en die land Trachonítus, en Lisánias viervors van…
9 Jul 2AM 15 min

Dinsdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

LUKAS 1 8En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling, 9het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand. 10En die hele menigte van die volk…
8 Jul 2AM 14 min

Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

MALEÁGI 4 5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek. 6En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land…
7 Jul 2AM 14 min

Sondagaand Erediens - Ds Horace van Coller

MATTHÉÜS 6 25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?…
6 Jul 1PM 16 min

Sondagoggend Erediens - Ds Horace van Coller

FILIPPENSE 4 2Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché om eensgesind te wees in die Here. 3En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek…
6 Jul 3AM 19 min