Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
1 TIMOTEUS 4
Die afvalligheid in latere tye
1Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang. 2Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is. 3Hulle verbied mense om te trou en om bepaalde soorte kos te eet. Maar God het die voedsel gemaak, sodat dié wat glo en tot die kennis van die waarheid gekom het, dit met danksegging kan gebruik. 4Alles wat God gemaak het, is immers goed. Niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie, 5want dit word deur die woord van God en deur die gebed geheilig.

1 TIMOTEUS 3

15Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.
17 Dec 2023 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

JAKOBUS 1 1Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete! Geloof en wysheid 2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan…
25 Jul 2AM 15 min

Donderdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

2 KORINTIËRS 12 9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
23 Jul 2AM 13 min