Donderdag Oggenddiens - Pastoor Neville Goodchild

Loading player...
JONA 2
1Toe bid Jona daar binne-in die vis tot die Here sy God. 2Jona het gesê:
“In my nood het ek tot die Here geroep,
en Hy het my gebed verhoor.
Diep in die doderyk het ek hulp gevra,
en U, Here, het my gehoor.
3U het my die diepte ingegooi,
diep in die see, en die watermassa het my omring.
U het golf na golf oor my laat gaan.
4Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn,
maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
5Die waters het my toegevou,
die groot water het my omring,
seegras was om my kop gedraai.
6Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge,
die aarde het my vir altyd toegesluit.
Maar U, Here my God, het my van die dood gered.
7Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink,
en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel.
8Dié wat op nuttelose afgode vertrou,
verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon.
9Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring;
wat ek beloof het, sal ek doen.
Hulp kom net van die Here af.”
10Toe beveel die Here die vis, en hy het vir Jona op die vasteland uitgespoeg.
23 Nov 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

JAKOBUS 1 1Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete! Geloof en wysheid 2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan…
25 Jul 2AM 15 min

Donderdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

2 KORINTIËRS 12 9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
23 Jul 2AM 13 min