Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

Loading player...
HABAKUK 3
Habakuk se gebed
1'n Gebed van die profeet Habakuk. Op die wysie van 'n klaaglied.
2Here, ek het gehoor wat van U vertel is
en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het.
Doen dit tog ook in ons tyd,
laat u dade ook in ons tyd ervaar word,
ontferm U selfs in u toorn.
3God kom van Teman af,
die Heilige kom van Paranberg af.
Sela
Die hemelruim is vol van sy majesteit,
die aarde vol van sy roem.
4Hy kom met die glans van die lig,
weerligte blits uit sy hand,
sy hand so vol mag.
5Voor Hom uit gaan die pes,
in sy voetstappe volg die dood.
6Wanneer Hy staan, skud die aarde;
wanneer Hy kyk, bewe die nasies.
Die eeue-oue berge verkrummel,
die ou-ou heuwels val inmekaar,
die berge waaroor Hy van ouds af gewandel het!
7Ek het gesien hoe onheil die tente van Kusan tref,
hoe die tentdoeke van Midian bewe.
8Was U kwaad vir die riviere, Here?
Het u toorn teen die strome ontvlam?
Het die see U woedend gemaak
dat U op u perde gery het,
op die strydwaens waarmee U oorwin?
9U het u boog uitgehaal
en met 'n eed die opdrag aan die pyle bevestig.
17 Jan 2024 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

JAKOBUS 1 1Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete! Geloof en wysheid 2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan…
25 Jul 2AM 15 min

Donderdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

2 KORINTIËRS 12 9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
23 Jul 2AM 13 min