Donker die Donner in

Loading player...
Die span is terug na 'n week van donkerte in Pretoria. Matthys se frustrasie oor die gebrek aan krag is duidelik, en dis "DA" waar die kak begin. Mense op die pad laat Colene wonder of ons nog menslik is en waarheen die mensdom op pad is.

Die Kintsugi Queen, Yoke van Dam, gesels met ons oor leierskap, die invloed van "work from home" op besighede en spanne, asook hoe om die verskillende generasies in 'n span beter te verstaan en te bestuur.

Hou jou asem op! Môre is SONA, en Colene bespiegel oor wat President "Squirrel" Ramaphosa hierdie keer sal aankondig.

Indien jy met Yoke wil kontak maak om jou span vir 2024 'n hupstoot te gee, kontak haar gerus by - https://linktr.ee/y_connect
7 Feb 2024 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wat Wag om die Horison?

In hierdie KLETS-episode gesels ons met Dr Rianne van Vuuren, toekomskundige en horison-skandeerder by die Instituut vir Toekomsnavorsing in Stellenbosch, oor wat die toekoms vir Suid-Afrika - en vir ons almal – moontlik inhou. Rianne stel ook sy potgooi bekend, “Môre onder die Soeklig”, wat vanaf Maandag, 28 April 2025,…
23 Apr 1 hr 33 min

VAT en Vrae oor Verstandige Besluite

In hierdie week se KLETS wonder ons: Gaan die VAT vat, of gaan hy nie vat nie? Met net ’n paar dae oor voor die beplande 0.5% BTW-verhoging op 1 Mei, is daar steeds geen duidelikheid nie. Die ANC se plan het groot teenstand in die parlement gekry, en daar…
16 Apr 39 min

Neil de Beer oor MK, Mag die RNE & Moontlikhede

In die KLETS-episode van 9 April 2025 sit ons saam met Neil de Beer, president van die United Independent Movement (UIM) en politieke kommentator met ’n voet in baie politieke binnekamers. Ons gesels oor die toestand van die GNU, en veral die ANC-DA huwelik wat nou meer na ’n egskeiding…
9 Apr 1 hr 10 min

Dis Hoe Ons Rol – Van die mat tot moontlik platsak

Hierdie week op KLETS rol ons die mat uit en bring ’n regte hou (of vyf). Ons gesels met Stephanie Graham, Colene se Jiu-jitsu afrigter. Stephanie het onder andere 'n swart gordel in karate, blou beld in Jui-jitsu en is 'n trauma-informed coach asook voltydse Gracie-legende by die Gracie Jiu-jitsu…
2 Apr 1 hr 18 min

Wat Malema Sing en Colene Dink

In hierdie week se KLETS-episode kyk ons terug op ’n week waar alles van politieke vuurpyle tot persoonlike filosofieë op die tafel beland het. Die span ontleed die nuus wat almal laat kop krap het – en Colene deel haar teorie oor hoekom die wêreld nou meer van sy kop…
26 Mar 59 min