Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

Loading player...
2 KONINGS 6

Elisa laat 'n byl op die water dryf
1Die profete het vir Elisa gesê: “Die plek waar ons van u onderrig ontvang, het te klein geword vir ons. 2Laat ons na die Jordaan toe gaan en balke kap om vir ons 'n bymekaarkomplek te bou.”
“Gaan gerus,” het hy geantwoord.
3Een het vir hom gevra: “Wil u nie met ons saamgaan nie?”
Hy het geantwoord: “Ek sal gaan,” 4en hy het saam met hulle gegaan.
Toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome afgekap. 5Terwyl een besig was om 'n boom af te kap, het sy byl in die water geval. Hy roep toe: “Ag tog, Meneer, en dit was boonop 'n geleende byl!”
6Die man van God het gevra waar die byl ingeval het. Toe die profeet vir hom die plek gewys het, het hy 'n stuk hout afgekap en dit daar ingegooi, en dit het die byl bo laat dryf. 7Hy sê toe vir hom: “Haal dit uit.” Die man het sy hand uitgesteek en dit gevat.
25 Feb 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

2 KORINTIËRS 12 9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
23 Jul 2AM 13 min