Jesus se eerste wonder teken

Loading player...
JOHANNES 2:1-11
Op die derde dag was daar 'n bruilof in Kana in Galilea, en die moeder van Jesus was daar. Jesus en sy dissipels is ook na die bruilof toe genooi. Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou. Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water.” Hulle het dit tot bo toe volgemaak. Toe sê Hy vir hulle: “Skep nou daarvan uit en gaan gee dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit gedoen. Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom en sê vir hom: “'n Mens sit gewoonlik eers die goeie wyn voor, en as die mense goed gedrink het, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.” Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.
22 Mar 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Wat is die Bybel? (Deel 4)

Braam Klopper, Sebastian van Dyk en Michelle van Tonder sluit vandag af met die laaste deel oor die tema: Wat is die Bybel?
6 Mar 23 min

Wat is die Bybel? (Deel 3)

Braam Klopper en Sebastian van Dyk gaan vandag aan met die 3de deel oor die tema: Wat is die Bybel?
27 Feb 17 min

Wat is die Bybel?

Braam Klopper, Sebastiaan van Dyk en Michelle van Tonder gesels vandag oor "Wat is die Bybel?"
13 Feb 21 min