Monetêre Beleidskomitee hou terugkoopkoers op 8,25%

--:--
Die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank het eenparig besluit die terugkoopkoers bly onveranderd op 8,25-persent, wat die prima-uitleenkoers bestendig hou op 11,75-persent. Reserwebank-president Lesetja Kganyago noem volgehoue globale inflasiedruk, met inflasie naby die bank se boonste teikenvlak teen 5,6-persent in Februarie. Kganyago sê ekonomiese groeivooruitsigte bly gematig weens beperkings aan die verskaffingskant van die ekonomie, soos elektrisiteitstekorte.
27 Mar 12PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Schlettwein nuwe voorsitter van Zambezi Waterloop Kommissie

Landbou, water and grondhervorming-minister Calle Schlettwein is die nuwe voorsitter van die Zambezi Waterloop Kommissie, of Zamcom. Hy het Donderdag by die elfde Zamcom-Raad van Ministers in Tete, Mosambiek die leisels oorgeneem. Die vergadering het ingesluit die aanvaarding van sleutelbeleide en besluite om die doeltreffende bestuur, volhoubare ontwikkeling, en redelike…
27 Apr 4AM 1 min

Handel-ministerie konsulteer met sakemense

Die handel-ministerie sal Maandag van 9-uur tot 1-uur hul beleids- en wetgewende verbintenisse met die sakegemeenskap van die Khomas- en Omaheke-streke by die ouditorium van die binnelandse sake-ministerie aanbied. Die deurslaggewende konsultasie met belanghebbendes sal op sleutelwetgewing fokus. Salom Katoole, die ministerie se hoof ekonomiese beampte, verduidelik.
27 Apr 3AM 1 min

Vroue maak moles op Copps 94.1

Copps 94.1 in die hoofstad was aansienlik stiller as gewoonlik, maar drankmisbruik het weer sterk na vore getree. Volgens Francois Lottering van Copps 94.1 was vroue by al die gevalle betrokke waar hulle moes hulp verleen. Dit is nie verbasend nie, aangesien Namibië volgens die Wêreld Gesondheid-organisasie een van die…
27 Apr 1AM 1 min

Brandstofpryse styg weer in Mei

Die ministerie van myne en energie het aangekondig dat die brandstofpryse weer gaan styg in Mei. Dit kom op die hakke van 'n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent 'n liter en beide variante van diesel met 40 sent 'n liter. Dit tree op Donderdag, 2 Mei…
27 Apr 12AM 1 min

Bank van Namibië stel Kitsbetalingsprojek bekend

Die Bank van Namibië het die Kitsbetalingsprojek bekendgestel, 'n baanbrekersinisiatief om finansiële dienste regoor Namibië te revolusioneer. Met 'n geteikende amptelike bekendstellingsjaar van 2025, beoog die projek om finansiële insluiting aansienlik te verbreed deur noodsaaklike en bekostigbare finansiële dienste aan almal te verskaf. Die projek het ten doel om 'n…
26 Apr 12PM 1 min