Spreeklewe - Psalm 23

Loading player...
Psalm 23 is eintlik 'n gebed vir elke seisoen van jou lewe.

1'n Psalm van Dawid.
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
2Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
3Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot die eer van sy Naam.
4Selfs al gaan ek deur donker dieptes,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my.
In u hande is ek veilig.
5U laat my by 'n feesmaal aansit,
terwyl my teëstanders moet toekyk.
U ontvang my soos 'n eregas,
ek word oorlaai met hartlikheid.
6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die huis van die Here
tot in lengte van dae.
10 Apr 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Anelma - Fiesta

Grootfm se eie Anelma van Heerden is die nuwe aanbieder van die Kyknet program Fiesta! Annelie gesels met haar oor feeste, tv en radio en of sy koffie of sosiale media verkies
11 Jun 14 min

Skemer

Skemer kuier by Annelie op Mirrag! Hulle gesels verhoudings, gee raad, Annelie toets hulle rigting wysers en hulle deel hulle nuwe liedjie "Rigting"
9 Jun 17 min

Geeweek - Saai berading

Franelyn kom deel haar storie met Annelie en praat oor die belangrikheid van berading en betyds hulp kry vir geestes gesondheid
28 May 22 min

Geeweek - Eleos oor hulle na-skool

Annelie gesels met Marné (maatskaplike werker) Amalie en Grace (Matrikulant) oor Eleos se na-skool projek waar hulle kinders voed, help met huiswerk en verantwoordelikheid leer
27 May 15 min