Oorlog is op hande - Borrell

--:--
Die EU se hoof van buitelandse beleid Josep Borrell het sy kommer uitgespreek oor wat hy as ‘n volskaalse oorlog in die Midde-Ooste beskryf. Hy sê dit is onaanvaarbaar om met elke stappie te eskaleer.
18 Apr 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Emma lei afvaardiging na persvryheid-konferensie in Chili

Inligtingminister Emma Theofelus lei 'n Namibiese afvaardiging na die 31ste uitgawe van die Wêreldpersvryheidsdag-wêreldkonferensie. Dit is geskeduleer van vandag tot 4 Mei in Santiago, Chili. Theofelus sal deur amptenare van die ministerie en die Namibië Nasionale Kommissie vir Unesco vergesel word. Die konferensie sal fokus op die belangrikheid van joernalistiek…
1 May 11PM 1 min

Alan Winde belowe eerste provinsie sonder beurtkrag

Die DA in die Wes-Kaap se premierskandidaat, Alan Winde, het planne aangekondig om dié provinsie die eerste een sonder beurtkrag te maak. Hy beklemtoon die verwoestende uitwerking van beurtkrag op werksgeleenthede, die ekonomie en gemeenskapsveiligheid. Die Stad Kaapstad stel ook behoorlike beskermingsplanne in, en belê in netwerk-opgradering en hernubare-energieprojekte. Volgens…
1 May 11PM 1 min

Branstofprys styg vannag

Die energie-ministerie het ’n brandstofprysverhoging in Mei aangekondig, wat vannag om middernag in werking tree. Petrol styg met 70 sent per liter en albei variante van diesel met 40 sent per liter. In Walvisbaai sal die petrolprys dan 23 Namibiese dollar per liter wees, 22 dollar 17 sent per liter…
1 May 6AM 1 min

B2Gold se afleggings kom in fases soos myn sluit

B2Gold Otjikoto-myn, die land se grootste goudprodusent, gaan hierdie maand met die vrywillige aflegging van 300 werknemers begin. Die myn het verlede jaar sy planne aangekondig om 'n gefaseerde sluiting van oop mynbou weens uitgeputte ertsreserwes te begin, maar dit het nie die aantal werkers bekend gemaak wat geraak gaan…
1 May 4AM 1 min

Ministerie sal moet sê oor vermorsing - Kandjeke

Die geslagsgelykheid-ministerie het 328 900 Namibiese dollar betaal vir 'n pakhuis wat 11 maande lank leeggestaan het. Dit is volgens 'n ouditverslag deur die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, vir die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het. Die pakhuis is in Prosperita, Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Kandjeke gesels, wat…
1 May 4AM 1 min