Indië hou grootste, langste en duurste verkiesing ooit

--:--
Indië maak gereed vir die wêreld se grootste demokratiese verkiesing wat môre begin. Byna 970-miljoen kiesers sal aan die langste en duurste verkiesing in die geskiedenis deelneem. Die verkiesing sal oor sewe fases en ses weke strek, met uitslae wat op 4 Junie aangekondig word. Twee-duisend-500 politieke partye sal na verwagting 266-miljard Namibiese dollar aan veldtogte bestee, met 15-miljoen veiligheidspersoneel en stembeamptes wat deur die verkiesingskommissie ontplooi word. Die opposisieleier, Rahul Gandhi, het die verkiesing gekritiseer as die mees skaamtelose een in Indiese geskiedenis:
18 Apr 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Namibië het so baie wild presies omdat hy jag toelaat

Grootwildjag is 'n sleutel komponent van Afrika se toerisme-ekonomie, volgens Charlie Mayhew, die stigter en president van Prins William se natuurlewe-liefdadigheidsorganisasie, Tusk. Die gerespekteerde natuurbewaarder meen Brittanje en ander lande moenie aan Afrika-nasies voorskryf oor hoe om hulle wildsake te bestuur nie. Hy het sy mening gelug terwyl 'n wetsontwerp…
2 May 12AM 1 min

Vervoerministerie sê oor taxi-tariewe met brandstof wat styg

Brandstofpryse het weer gestyg en die sekretaris-generaal van die Namibiese bus- en taxi-vereniging, Pendapala Nakathingo, sê hulle het die vervoer-ministerie gevra vir 'n verhoging tot 15 Namibiese dollar vir taxi-tariewe. Hy het bygevoeg dat die hoë brandstofpryse besig is om hulle dood te maak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
2 May 12AM 1 min

Emma lei afvaardiging na persvryheid-konferensie in Chili

Inligtingminister Emma Theofelus lei 'n Namibiese afvaardiging na die 31ste uitgawe van die Wêreldpersvryheidsdag-wêreldkonferensie. Dit is geskeduleer van vandag tot 4 Mei in Santiago, Chili. Theofelus sal deur amptenare van die ministerie en die Namibië Nasionale Kommissie vir Unesco vergesel word. Die konferensie sal fokus op die belangrikheid van joernalistiek…
1 May 11PM 1 min

Alan Winde belowe eerste provinsie sonder beurtkrag

Die DA in die Wes-Kaap se premierskandidaat, Alan Winde, het planne aangekondig om dié provinsie die eerste een sonder beurtkrag te maak. Hy beklemtoon die verwoestende uitwerking van beurtkrag op werksgeleenthede, die ekonomie en gemeenskapsveiligheid. Die Stad Kaapstad stel ook behoorlike beskermingsplanne in, en belê in netwerk-opgradering en hernubare-energieprojekte. Volgens…
1 May 11PM 1 min