Visums met aankoms nou ook by Walvisbaai-hawe

--:--
Die immigrasie ministerie het visums met aankoms by die Walvisbaai-hawe met onmiddellike effek ingestel. Die ministerie sê as 'n deurslaggewende toegangspunt vir maritieme handel en toerisme, speel die hawe 'n reuse rol in die dryf van ekonomiese welvaart. Reisigers kan ook by aankoms by Hosea Kutako Internasionale Lughawe, Walvisbaai-lughawe en die Trans Kalahari-, Katima Mulilo-, Ngoma-, Impalila-eiland, Oshikango, Mohembo, Ariamsvlei, Noordoewer en Oranjemund-grensposte aansoek doen om visums. ’n Visum by aankoms kos 1 200 Namibiese dollar en is vir 90 dae geldig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder.
18 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Branstofprys styg vannag

Die energie-ministerie het ’n brandstofprysverhoging in Mei aangekondig, wat vannag om middernag in werking tree. Petrol styg met 70 sent per liter en albei variante van diesel met 40 sent per liter. In Walvisbaai sal die petrolprys dan 23 Namibiese dollar per liter wees, 22 dollar 17 sent per liter…
1 May 6AM 1 min

B2Gold se afleggings kom in fases soos myn sluit

B2Gold Otjikoto-myn, die land se grootste goudprodusent, gaan hierdie maand met die vrywillige aflegging van 300 werknemers begin. Die myn het verlede jaar sy planne aangekondig om 'n gefaseerde sluiting van oop mynbou weens uitgeputte ertsreserwes te begin, maar dit het nie die aantal werkers bekend gemaak wat geraak gaan…
1 May 4AM 1 min

Ministerie sal moet sê oor vermorsing - Kandjeke

Die geslagsgelykheid-ministerie het 328 900 Namibiese dollar betaal vir 'n pakhuis wat 11 maande lank leeggestaan het. Dit is volgens 'n ouditverslag deur die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, vir die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het. Die pakhuis is in Prosperita, Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Kandjeke gesels, wat…
1 May 4AM 1 min

SA-werkers vandag vereer

Die Vereniging van Staatsamptenare herdenk Werkersdag met groot waardering vir werkers se onmiskenbare bydraes. Die vakbond sê die geleentheid simboliseer die voortdurende stryd vir werkers se regte en maatskaplike geregtigheid, met vakbonde wat 'n deurslaggewende rol speel. Hy gee erkenning aan werkers se uitdagings, insluitend swak lone en werksonsekerheid. Claude…
1 May 3AM 1 min

Veiliger Bo Plaas maak weer oop,

Namibia Wildlife Resorts het die Bo Plaas-kampterrein langs die Oranjerivier heropen, met verbeterde sekerheid en opgradering van infrastruktuur. Na 'n tydelike sluiting verlede September weens voorvalle van roof wat Namibiese en Suid-Afrikaanse toeriste geraak het, het die oord veiligheidsverbeterings geprioritiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nelson Ashipala, NWR-woordvoerder.
1 May 2AM 1 min