Ondersoek 70% salarisverhoging van parlement-sekretaris: DA

--:--
Die DA het 'n mosie ingedien vir 'n ad hoc gesamentlike komitee om die verhoogde salaris van die sekretaris van die parlement, Xolile George, te ondersoek. Dit volg op onthullings van 'n 70-persent verhoging, na bewering goedgekeur deur die speaker van die Nasionale Vergadering en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Siviwe Gwarube van die DA beklemtoon deursigtigheid en aanspreeklikheid in die bestuur van staatsfondse:
18 Apr 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Cleanergy vorder uiters goed

Cleanergy Solutions Namibia, 'n gesamentlike onderneming tussen Ohlthaver & List en CMB.TECH, is die eerste groen waterstofproduksieterrein van sy soort in Afrika. Die waterstofproduksie-aanleg in Walvisbaai sal sonkrag gebruik vir waterstofproduksie. Dit word ontwikkel as 'n buigsame projek wat maklik uitgebrei kan word deur ander aktiwiteite en tegnologieë te gebruik…
2 May 5AM 1 min

Sewes: Snyman optimisties oor top-vier uitslag

Die Springbok Sewes se hoofafrigter, Philip Snyman, sê hy is optimisties oor 'n top-vier-uitslag in die Singapoerse sewestoernooi dié naweek. Die Blitsbokke pak Spanje, Samoa en Frankryk in hul groep. Snyman sê om ervare Blitsbokke soos Siviwe Soyizwapi, Dylan Sage en Rosko Specman terug te hê, is 'n groot hupstoot…
2 May 5AM 1 min

Lyk sonder privaatdele in hoofstad gevind

Die lyk van 'n ongeïdentifiseerde manspersoon wie se privaatdele verwyder is, is vanoggend in Otjomuise ontdek. Hoofinspekteur Katrina Naukushu, die Khomas-streek se gemeenskapspolisiëringsbeampte, het bevestig dat die lyk in 'n rivierbedding in die omgewing van die Chairman Mao Zedong High School ontdek is.
2 May 4AM 1 min

Numsa skaar hom by die Palestyne

Die metaalwerkersvakbond, Numsa veroordeel Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu en Amerika se president Joe Biden vir hul optrede in Palestina en beskuldig hulle van volksmoord. Die vakbond het sy solidariteit met die Palestyne uitgespreek ná ʼn versoek deur die Amerikaanse aktivis, Angela Davis. Hulle het ooreengekom om saam met…
2 May 4AM 1 min

Unam-studente se regte sal belemmer word

Reaksie word ontvang op die Universiteit van Namibië wat politieke aktiwiteite op al sy kampusse verbied het. Die leier van die LPM-jeugkommando, Junia Kaindjee, het vroeër die besluit beskryf as 'n belediging vir studente se regte en vryhede. Hy het bygevoeg dit is soos om petrol op die vuur van…
2 May 3AM 1 min