Vrydag Oggendddiens - Ds Kobus Botha

--:--
MATTEUS 27
Jesus word aan Pilatus uitgelewer
(Mark. 15:1; Luk. 23:1-2; Joh. 18:28-32)
1Die môre vroeg het al die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk die besluit geneem om Jesus dood te maak. 2Hulle het Hom geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus, die goewerneur, uitgelewer.
Die dood van Judas
(Hand. 1:18-19)
3Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry. Hy het die dertig silwermuntstukke teruggebring na die priesterhoofde en die familiehoofde toe 4en vir hulle gesê: “Ek het gesondig. Ek het 'n onskuldige man verraai.”
Maar hulle antwoord: “Wat het ons daarmee te doen? Dit is jou saak!”
5Judas het toe die geld in die tempel in gegooi, weggeloop en homself gaan ophang.
6Die priesterhoofde het die geld opgetel en gesê: “Dit is nie geoorloof om dit in die tempelfonds te stort nie, want dit is bloedgeld.”
7Hulle besluit toe om daarmee die grond van die pottebakker te koop as 'n begraafplaas vir vreemdelinge.
8Daardie stuk grond word tot vandag toe nog Bloedgrond genoem.
19 Apr 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

HEMELVAART Donderdagoggend Erediens - Dr Belinda van der Vlies

HANDELINGE 1 4Terwyl Hy 'n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. 5Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne 'n…
9 May 3AM 28 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

LUKAS 24 Jesus verskyn aan die dissipels (Matt. 28:16-20; Mark. 16:14-18; Joh. 20:19-23; Hand. 1:6-8) 36Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle!” 37Hulle het geweldig geskrik en bang geword en gedink hulle sien 'n gees. 38Hy…
8 May 2AM 20 min

Dinsdag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

LUKAS 24 30Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. 31Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn. 32Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie…
7 May 2AM 15 min

Maandag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

JOHANNES 3 16“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat…
6 May 2AM 16 min

Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

PSALMS 42 Mens, waarom so in vertwyfeling? 1Vir die koorleier. 'n Gedig van die Koragiete. 2Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. 3Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn? 4Dag en nag is ek in…
5 May 1PM 29 min