Shark Island: Namport en erfenis...

--:--
Die firma Forensis and Forensic Architecture het hul jongste ondersoek na Duitse koloniale volksmoord in vandag se Namibië vrygestel. Die navorsing fokus op die voormalige konsentrasiekamp op Shark Island by Lüderitz, waar duisende Namas en Ovahereros gesterf het. Dit identifiseer nuwe potensiële massagrafterreine en onthul hoe planne deur die Namibiese regering om die hawe uit te brei dele van die kamp, en dus koloniale geskiedenis, sal uitwis. Sima Luipert, 'n gemeenskapsaktivis en lid van die Nama-leiersvereniging van Namibië, is aan die woord.
19 Apr 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Thieme gesels oor planne met Cleanergy

Cleanergy Solutions Namibia se perseel word op Walvisbaai ingewy. Deur gebruik te maak van die O&L-groep se kundigheid in hernubare energie, gekombineer met CMB.TECH se vaardigheid in die vervaardiging en toepassing van toekomstige brandstof, is Cleanergy Solutions Namibia aan die voorpunt van volhoubare energie-oplossings. Die voorsitter van die Ohlthaver en…
2 May 7AM 1 min

Saftu vra vir versterking van mediese stelsels

Die buurland se vakbondfederasie Saftu sê die regering moet die land se openbare gesondheidstelsel versterk sodat dit aan die akkreditasievereistes van die Nasionale Gesondheidsversekering voldoen. Gesondheids-instellings word landwyd negatief geraak deur besnoeiingsmaatreëls wat veroorsaak dat poste nie gevul word nie en ernstige tekorte aan fondse ontstaan. Saftu se woordvoerder, Trevor…
2 May 7AM 1 min

LEFA se aantygings moet aangespreek word

Die gewilde LEFA Transportation Services sê hy sal dalk gedwing word om toe te maak oor wat onregverdige mededinging noem. Hy beweer internasionale saamry-besighede soos Yango en InDrive is besig met onbillike sakepraktyke. Dit sluit in om pryse tot tot onvolhoubare vlakke te sny, en plaaslike entrepreneurs het nie die…
2 May 6AM 1 min

Erongo-polisie vergader Saterdag met boere

Die Erongo-polisie sal Saterdag op plaas Satamab Noord in die Usakos-distrik ‘n vergadering met boere hou oor veediefstal, stropery en betrokke kwessies. Boere oral sukkel met reuse-uitdagings in die verband. Dit begin om tien-uur. Adjunk-hoofinspekteur Jeffrey /Urib het meer.
2 May 6AM 1 min

Verhoging in toelaes wag nog 'n maand

Kwesbare kinders en pensioenarisse sal nog ‘n maand moet wag voor die verhoging in hul toelae intree. Die begroting is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur voor hy in reses gegaan het. Die speaker, professor Peter Katjavivi moet nou die dokument aan president Nangolo Mbumba stuur om bekragtig te word voor…
2 May 6AM 1 min