Die Erongo-polisie sal Saterdag op plaas Satamab Noord in die Usakos-distrik ‘n vergadering met boere hou oor veediefstal, stropery en betrokke kwessies. Boere oral sukkel met reuse-uitdagings in die verband. Dit begin om tien-uur. Adjunk-hoofinspekteur Jeffrey /Urib het meer.
Kwesbare kinders en pensioenarisse sal nog ‘n maand moet wag voor die verhoging in hul toelae intree. Die begroting is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur voor hy in reses gegaan het. Die speaker, professor Peter Katjavivi moet nou die dokument aan president Nangolo Mbumba stuur om bekragtig te word voor…
Cleanergy Solutions Namibia, 'n gesamentlike onderneming tussen Ohlthaver & List en CMB.TECH, is die eerste groen waterstofproduksieterrein van sy soort in Afrika. Die waterstofproduksie-aanleg in Walvisbaai sal sonkrag gebruik vir waterstofproduksie. Dit word ontwikkel as 'n buigsame projek wat maklik uitgebrei kan word deur ander aktiwiteite en tegnologieë te gebruik…
Die Springbok Sewes se hoofafrigter, Philip Snyman, sê hy is optimisties oor 'n top-vier-uitslag in die Singapoerse sewestoernooi dié naweek. Die Blitsbokke pak Spanje, Samoa en Frankryk in hul groep. Snyman sê om ervare Blitsbokke soos Siviwe Soyizwapi, Dylan Sage en Rosko Specman terug te hê, is 'n groot hupstoot…
Die lyk van 'n ongeïdentifiseerde manspersoon wie se privaatdele verwyder is, is vanoggend in Otjomuise ontdek. Hoofinspekteur Katrina Naukushu, die Khomas-streek se gemeenskapspolisiëringsbeampte, het bevestig dat die lyk in 'n rivierbedding in die omgewing van die Chairman Mao Zedong High School ontdek is.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.