Versigtig, dis paartyd vir pofadders en mambas

--:--
Inwoners in Walvisbaai rapporteer ‘n toename in pofadders in en om geboue op die dorp. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by slangkenner Francois Theart wat verduidelik dat dit nie hibernasie-gedrag nie, maar eerder paar-seisoen, ook vir swart mambas.
19 Apr 7AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Erongo-polisie vergader Saterdag met boere

Die Erongo-polisie sal Saterdag op plaas Satamab Noord in die Usakos-distrik ‘n vergadering met boere hou oor veediefstal, stropery en betrokke kwessies. Boere oral sukkel met reuse-uitdagings in die verband. Dit begin om tien-uur. Adjunk-hoofinspekteur Jeffrey /Urib het meer.
2 May 6AM 1 min

Verhoging in toelaes wag nog 'n maand

Kwesbare kinders en pensioenarisse sal nog ‘n maand moet wag voor die verhoging in hul toelae intree. Die begroting is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur voor hy in reses gegaan het. Die speaker, professor Peter Katjavivi moet nou die dokument aan president Nangolo Mbumba stuur om bekragtig te word voor…
2 May 6AM 1 min

Cleanergy vorder uiters goed

Cleanergy Solutions Namibia, 'n gesamentlike onderneming tussen Ohlthaver & List en CMB.TECH, is die eerste groen waterstofproduksieterrein van sy soort in Afrika. Die waterstofproduksie-aanleg in Walvisbaai sal sonkrag gebruik vir waterstofproduksie. Dit word ontwikkel as 'n buigsame projek wat maklik uitgebrei kan word deur ander aktiwiteite en tegnologieë te gebruik…
2 May 5AM 1 min

Sewes: Snyman optimisties oor top-vier uitslag

Die Springbok Sewes se hoofafrigter, Philip Snyman, sê hy is optimisties oor 'n top-vier-uitslag in die Singapoerse sewestoernooi dié naweek. Die Blitsbokke pak Spanje, Samoa en Frankryk in hul groep. Snyman sê om ervare Blitsbokke soos Siviwe Soyizwapi, Dylan Sage en Rosko Specman terug te hê, is 'n groot hupstoot…
2 May 5AM 1 min

Lyk sonder privaatdele in hoofstad gevind

Die lyk van 'n ongeïdentifiseerde manspersoon wie se privaatdele verwyder is, is vanoggend in Otjomuise ontdek. Hoofinspekteur Katrina Naukushu, die Khomas-streek se gemeenskapspolisiëringsbeampte, het bevestig dat die lyk in 'n rivierbedding in die omgewing van die Chairman Mao Zedong High School ontdek is.
2 May 4AM 1 min