Bring tog 'n verwysingshospitaal na Otjiwarongo: goewerneur

--:--
Otjozondjupa-goewerneur, James Uerikua, het 'n beroep herhaal vir 'n verwysingshospitaal in Otjiwarongo, weens die groot aantal ongelukke wat op die B1-pad gebeur. Uerikua het gepraat by die sooispit-seremonie van die Ombili-kliniek in die dorp. Otjiwarongo het 'n bevolking van 220 000 inwoners, waarvan 62 000 afhanklik is van gesondheidsdienste by die Otjiwarongo-staatshospitaal. Gereelde padongelukke in die hoërisiko-sone tussen Okahandja en Otjiwarongo plaas die dienste van die hospitaal onder erge druk. 'n Behoefte aan ambulanse is ook uitgelig om die vier distrikshospitale, 26 gesondheidsentrums en 19 klinieke regoor die streek te bedien.
19 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Afrika se eerste salmplaas by Lüderitz bekendgestel

Lüderitz is tans aan die voorpunt van ontwikkeling in die land en sal na verwagting in die komende jare 'n ekonomiese opbloei beleef. Dit kan toegeskryf word aan die aflandige olie- en gas eksplorasie-aktiwiteite, groen-waterstof produksie sowel as inisiatiewe soos Benguela Blue Aqua Farming. Die see-plaas is Afrika se eerste…
2 May 11AM 1 min

Cosatu verraai werkers, sê DA

Die DA beskuldig Cosatu van verraad teen werkers deur hom met die ANC en die Kommunistiese Party te vereenselwig. Hy beweer Cosatu se alliansie met die partye het gelei tot beleid wat ekonomiese groei en werkskepping strem. Die party sê daarenteen is sy ekonomiese beleid 'n alternatief om groei te…
2 May 11AM 1 min

Namibiese Brouerye borg rugby-unie met N$3 miljoen

Die Namibiese Brouerye het die Namibiese Rugby-unie met 3 miljoen Namibiese dollar geborg. Dit is daarop gerig om Namibiese rugbyspelers in plaaslike klub- en streektoernooie te ondersteun, om hulself voor te berei om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Die Brouerye is gretig om die nasionale rugbyspan…
2 May 10AM 1 min

Geweld teen gay-gemeenskap neem steeds toe: aktivis

Gemeenskapslede van 7de Laan in Otjomuise in Windhoek is in skok nadat die verminkte liggaam van die 30-jarige Christof Fredricks vanoggend ontdek is. Fredricks was na bewering 'n lid van die LGBTQ-gemeenskap. Die lyk, met sy privaatdele afgesny, is in 'n rivierbedding naby die Chairman Mao Zedong High School ontdek…
2 May 10AM 1 min

SA vat in Maart meeste van land se vee-uitvoere

Suid-Afrika bly die primêre bestemming vir die meerderheid van Namibië se vee-uitvoere, volgens die Agri-maandelikse verslag wat deur Simonis Storm vrygestel is. In Maart het Namibië 108 996 stuks vee na Suid-Afrika uitgevoer, hoofsaaklik skape. Botswana was die tweede grootste bestemming met 269 stuks vee, terwyl Angola die derde plek…
2 May 10AM 1 min