NDTC had moeilike jaar: Brent Eiseb

--:--
Die uitvoerende hoof van die Namibia Diamond Trading Company, Brent Eiseb, het die 2023-boekjaar beskryf as uitdagend en moeilik. Van die faktore wat bygedra het tot die wisselvallige mark, volgens Eiseb, was swak verbruikersvraag, veral van die Chinese mark. Ten spyte van markuitdagings het die firma 'n sterk verkoopsprestasie in 2023 gehandhaaf en 77 persent van sy aanbiedinge aan belanghebbendes verkoop. Eiseb het die behoefte aan buigsame maatreëls erken om belanghebbendes te midde van swakker marktoestande te ondersteun. Die maatskappy het verlede jaar 100 miljoen Namibiese dollar in dividende aan die regering betaal, wat gelei het tot 'n totale betaling van 2,8 miljard dollar aan aandeelhouers sedert die geboorte van die maatskappy in 2007. Eiseb het tydens 'n strategiese media-inligtingsessie in die hoofstad gepraat.
23 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

'Olieprys sê Gaza-oorlog sal nie uitkring nie'

Terwyl spanning in die Midde-Ooste steeds voortduur, toon die olieprys dat daar verligting sal kom. Terwyl onderhandelings vir ‘n skietstilstand Sondag in Kaïro misluk het, het die prys met ‘n persent gedaal en op die oomblik verhandel dit rondom 83 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar is ook druk op Israel…
6 May 12AM 1 min

Struktuur van ekonomie moet aandag kry as ons werk moet skep

Daar blyk om ‘n reuse-gaping te wees in werksoekers en werkgewers. Uit ongeveer 352 werksoekers wat geplaas is deur die arbeidsministerie tussen Januarie en Maart vanjaar, het slegs 17 universiteitsgrade gehad. Maar, 19 werkloses met graad 7 as kwalifikasie is geplaas en die groter meerderheid, die met graad 10 en…
6 May 12AM 1 min

VSA-verkiesing: Aborsieregte is aan die middelpunt

Die kwessie oor reproduktiewe regte en aborsie in die VSA bly ‘n middelpunt van die verkiesings in November. President Joe Biden, ‘n Demokraat en pro-vroue- en aborsieregte het sy mes in vir nie net Donald Trump nie maar ook die speaker van die Huis van Verteenwoordigers, Mike Johnson. In ‘n…
5 May 11PM 1 min

Norris vat eerste in Miami

Lando Norris van McLaren het die eerste oorwinning van sy Formule Een-loopbaan by die Miami Grand Prix gebuit. Die Brit het met 25 rondtes om te gaan die voortou geneem, ná ʼn kuip-stop onder leiding van die veiligheidsmotor terwyl die ander reeds gestop het. Max Verstappen van Red Bull was…
5 May 11PM 1 min