Beskerming van fluitjieblasers duur, bekragtig maar nog nie geïmplementeer nie

--:--
Namibië se Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers is spesifiek ontwikkel om 'n kantoor in daardie verband te vestig. Die wet kriminaliseer ook vergelding teen die wat korrupsie blootlê en lê 'n boete van 75 000 Namibiese dollar of tronkstraf van hoogstens 15 jaar, of albei, op vir enigiemand wat daaraan skuldig bevind word. Volgens plaaslike berigte sal die implementering van die wet die regering 160 miljoen dollar per jaar kos. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josephine Nghituwamata, die woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommissie, oor die belangrikheid van korrupsie-bekamping.
23 Apr 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

'Olieprys sê Gaza-oorlog sal nie uitkring nie'

Terwyl spanning in die Midde-Ooste steeds voortduur, toon die olieprys dat daar verligting sal kom. Terwyl onderhandelings vir ‘n skietstilstand Sondag in Kaïro misluk het, het die prys met ‘n persent gedaal en op die oomblik verhandel dit rondom 83 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar is ook druk op Israel…
6 May 12AM 1 min

Struktuur van ekonomie moet aandag kry as ons werk moet skep

Daar blyk om ‘n reuse-gaping te wees in werksoekers en werkgewers. Uit ongeveer 352 werksoekers wat geplaas is deur die arbeidsministerie tussen Januarie en Maart vanjaar, het slegs 17 universiteitsgrade gehad. Maar, 19 werkloses met graad 7 as kwalifikasie is geplaas en die groter meerderheid, die met graad 10 en…
6 May 12AM 1 min

VSA-verkiesing: Aborsieregte is aan die middelpunt

Die kwessie oor reproduktiewe regte en aborsie in die VSA bly ‘n middelpunt van die verkiesings in November. President Joe Biden, ‘n Demokraat en pro-vroue- en aborsieregte het sy mes in vir nie net Donald Trump nie maar ook die speaker van die Huis van Verteenwoordigers, Mike Johnson. In ‘n…
5 May 11PM 1 min

Norris vat eerste in Miami

Lando Norris van McLaren het die eerste oorwinning van sy Formule Een-loopbaan by die Miami Grand Prix gebuit. Die Brit het met 25 rondtes om te gaan die voortou geneem, ná ʼn kuip-stop onder leiding van die veiligheidsmotor terwyl die ander reeds gestop het. Max Verstappen van Red Bull was…
5 May 11PM 1 min