Equal Rights reageer op druk op Mbumba oor Jerry-wet

--:--
’n Komitee wat teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike is, het president Nangolo Mbumba versoek om verlede jaar se huwelikswysigingswetsontwerp en gade-wetsontwerpe te teken. Hy moet ook sy standpunt oor die LGBTQ+-gemeenskap in die openbaar verklaar. Die komitee, onder leiding van voorsitter Pendapala Nakathingo en sy adjunk Paulus Nuuyona, het verlede week 'n petisie aan die Nasionale Vergadering oorhandig. Dit het gesê dat dit agt maande is sedert die wetsontwerpe goedgekeur en na die president se kantoor gestuur is, maar tot op hede is geen stappe gedoen nie. Hulle het ook na homoseksualiteit en selfde-geslag huwelike verwys as 'n "bose agenda" en na mense wat die gemeenskap steun, as "imperialiste en gay buitelanders". Reaksie hierop is ontvang van Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia.
24 Apr 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Rublev vat die Madrid Ope

Andrey Rublev het ongesteldheid en besering oorkom op pad na die Madrid Ope-titel. Die Rus het Felix Auger-Aliassime van Kanada 4-6, 7-5, 7-5 verslaan om sy tweede Meesters 1 000-titel te verower. Die ses-en-twintigjarige Rublev, wat ná vier wedstryd-nederlae in die Spaanse hoofstad aangekom het, sê hy gee volle krediet…
6 May 1AM 1 min

Geweld in skole wek reuse-kommer

Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta pleit die regering moet iets doen aan die toenemende geweld in skole. Hy beklemtoon die uitbreiding van geestesgesondheid-steun vir onderwysers en leerders, en vra meer beradingsdienste. Makaneta wys op onlangse voorvalle soos die geweld by Glenvista High School in Johannesburg, wat dui op diepgewortelde geestesgesondheid-uitdagings. Hy…
6 May 1AM 1 min

Sioka loop deur oor GBV-kommentaar

Reaksie word ontvang op die minister van geslagsgelykheid, Doreen Sioka, wat in ‘n verklaring die geweld teen vroue en kinders skerp veroordeel het. Sy het die dood van die transgender vrou, die 30-jarige Christof Fredricks, heeltemal oorgesien. Sioka kom gereeld onder skoot vir haar swak leierskap en Ethne Mudge van…
6 May 1AM 1 min

'Olieprys sê Gaza-oorlog sal nie uitkring nie'

Terwyl spanning in die Midde-Ooste steeds voortduur, toon die olieprys dat daar verligting sal kom. Terwyl onderhandelings vir ‘n skietstilstand Sondag in Kaïro misluk het, het die prys met ‘n persent gedaal en op die oomblik verhandel dit rondom 83 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar is ook druk op Israel…
6 May 12AM 1 min