Spreeklewe - Psalm 121

Loading player...
PSALMS 121
My hulp kom van die Here
1'n Pelgrimslied.
Ek kyk op na die berge:
waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
2My hulp kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;
Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie
en Hy slaap nie.
5Die Here beskerm jou,
die Here bewaar jou van alle gevare.
6Bedags sal die son jou nie steek nie
en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,
jou lewe sal Hy beskerm.
8Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,
nou en vir altyd.
24 Apr 2024 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Spreeklewe - Die maat waarmee jy oordeel

As gelowiges is ons nie veronderstel om te oordeel nie en tog doen ons dit graag... In Matteus 7 waarsku Jesus ons self dat ons moet versigtig wees om te oordeel want soos ons oordeel sal ons geoordeel word “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met…
15 Jan 7 min

#KomOnsPraatDaaroor - 15 Januarie

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
15 Jan 44 min

Spreeklewe - Wat beteken dit om jouself 'n Christen te noem

*Spreeklewe EFESIËRS 2:8 AFR83 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. As ek sê: "Ek is 'n Christen," skree ek nie: "Ek is gered nie!" Ek fluister, "Ek verdwaal! Dit is hoekom ek hierdie manier gekies…
8 Jan 8 min

#KomOnsPraatDaaroor - 08 Januarie

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
8 Jan 44 min