Amptelike verslag oor busongeluk van Erongo-polisie ontvang

--:--
Die Erongo-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur na die bus-ongeluk op die C14. Twee vroulike toeriste, 69 en 72 jaar oud, is in die ongeluk dood. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat...
25 Apr 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Beheer Angola-grens 'beter om brandstofsmokkelary te stop'

Energie-minister Tom Alweendo gee toe dat die regering sukkel om brandstofsmokkelary in die noorde van Namibië te stuit. Dit is weens die aard van die grens tussen Namibië en Angola, het hy gesê tydens 'n raadplegende vergadering met die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba. Naloba se visepresident, Kanu Amadhila, sê baie…
11 May 6AM 1 min

Ervare Springbok-vrouespan voor laaste Afrika-hekkie

Rugby: Die hoofafrigter van die Springbok-vroue, Louis Koen, het drie ervare spelers herroep vir sy opdrafspan wat in die laaste wedstryd môre in die Rugby Afrika Vrouebeker teen die gasvroue, Madagaskar, te staan kom. Afgesien daarvan dat die uitslag die Afrika-kampioene sal bepaal, sal dit ook deelname bevestig vir die…
11 May 6AM 1 min

Walvisbaai takel jeuggeleide klimaataksie met N$1 miljoen-toelaag

Walvisbaai sal by 38 ander plaaslike owerhede aansluit by die Amerikaanse Bloomberg Philanthropies se nuwe Youth Climate Action Fund, waar dit byna 1 miljoen Namibiese dollar sal ontvang vir jeuggeleide klimaataksie-inisiatiewe. Dit sluit in boomplanting of openbare onderwysveldtogte, en die bekendstelling van herwinnings- of afvalverminderings-inisiatiewe. Walvisbaai-burgemeester Trevino Forbes sê op…
11 May 3AM 1 min

Minder padongelukke, maar meer sterftes

Die nuutste padongeluk-statistieke wat strek vanaf 1 Januarie wys 'n gemengde prentjie. Alhoewel die getal ongelukke gedaal het, het meer mense gesterf en beserings het ook toegeneem. Dit is moeilik om te bepaal wat die hoofoorsaak van die ongelukke was, maar hoë spoed speel gewoonlik 'n rol. Die Motorvoertuig-ongelukkefonds se…
11 May 2AM 1 min

Dodetal in George-ramp styg tot 13

Die dodetal in die George-gebou-ineenstorting in die Wes-Kaap het tot 13 gestyg. Reddingsoperasies duur vandag vir die vyfde dag voort met nooddienste wat aktief soek na nog 40 vermiste mense. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Rowena van Wyk, sê nog 'n liggaam is omtrent half-drie vanoggend opgespoor.
11 May 2AM 1 min