Paaie-owerheid spog met sukses van aanlyn-hernuwings

--:--
Die Paaie-owerheid het 'n paar maande gelede aangekondig dat motoriste regoor Namibië nou motorlisensies en rybewyse aanlyn kan bekom, pleks van om vir lang ure by Natis-dienssentrums tou te staan. Die volle hernuwingsproses, insluitend betaling, kan deur enige Namibies-geregistreerde voertuigeienaar gedoen word, van enige plek in die wêreld, te eniger tyd, vanuit die gerief van hul eie huise. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Padowerheid-woordvoerder, Hileni Fillemon, oor hoe die diens verloop en of hulle enige klagtes gekry het.
25 Apr 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Harambe-Oyetu-gemeenskapstuin kyk ook na vis, hoenders

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n 20-hektaar gewasse- en groente-gemeenskapstuin in Outjo ingewy, wat na verwagting 'n sleutelspeler in die Kunene-streek se landbousektor sal wees. Die Harambe-Oyetu-gemeenskapstuin sal ingevolge die Groenskemabeleid op 'n kommersiële grondslag bedryf word. Ndaitwah sê die regering staan vas agter sulke inisiatiewe en erken hul deurslaggewende rol…
12 May 1AM 1 min

Nujoma se nalatenskap geëer op 95ste verjaarsdag

Die stigterspresident van Namibië, Sam Nujoma, vier vandag sy 95ste verjaardag. Nujoma het in 1990 Namibië se eerste demokraties verkose president geword en het vir drie termyne gedien nadat hy die land tot onafhanklikheid gelei het ná dekades se bevrydingstryd. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke leiers gesels oor Nujoma…
12 May 12AM 1 min

Polisie-honde snuffel oorlewende uit onder puin in George-ramp

Die Wes-Kaapse polisie sê hulle snuffelhonde, Abbey en Lex, het reddingswerkers gister gelei na die oorlewende onder die puin van die ineengestorte gebou in George. Adjudant-offisier Willie Visser en sy hond Abbey se broodnodige aanduiding van lewe is bevestig deur Lex en hanteerder adjudant-offisier Riaan le Roux. Die 33-jarige teellêer…
12 May 12AM 1 min

Beheer Angola-grens 'beter om brandstofsmokkelary te stop'

Energie-minister Tom Alweendo gee toe dat die regering sukkel om brandstofsmokkelary in die noorde van Namibië te stuit. Dit is weens die aard van die grens tussen Namibië en Angola, het hy gesê tydens 'n raadplegende vergadering met die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba. Naloba se visepresident, Kanu Amadhila, sê baie…
11 May 6AM 1 min

Ervare Springbok-vrouespan voor laaste Afrika-hekkie

Rugby: Die hoofafrigter van die Springbok-vroue, Louis Koen, het drie ervare spelers herroep vir sy opdrafspan wat in die laaste wedstryd môre in die Rugby Afrika Vrouebeker teen die gasvroue, Madagaskar, te staan kom. Afgesien daarvan dat die uitslag die Afrika-kampioene sal bepaal, sal dit ook deelname bevestig vir die…
11 May 6AM 1 min