Warriors, Dolphins pak mekaar in tweede T20-uitdaging halfeindstryd

--:--
Krieket: Die Warriors en die Dolphins sê mekaar vanaand in Durban die stryd aan in die tweede halfeindstryd van die KSA T20-uitdaging. Die wenner kom te staan teen die Lions, wat gisteraand 'n tuis-eindstryd ingepalm het met 'n oortuigende oorwinning oor die Titans. Die Warriors het deurgedring na die uitklopronde, al het hulle die laaste vier wedstryde verloor. Hulle kaptein, Matthew Breetzke, sê enigiets kan in 'n halfeindstryd gebeur.
25 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

George-oorlewende bedank reddingspersoneel

Die 32-jarige man wat gered is na hy 116 uur onder die puin van die ineengestorte George gebou vasgekeer was, het sy dankbaarheid teenoor al die reddingspersoneel vir hulle onvermoeide pogings uitgespreek. Gabriel Guambe, wat as 'n teellêer gewerk het, is gered na die woonstelblok Maandag ingetuimel het. Hy het…
12 May 5AM 1 min

Cosatu prys Hisense vir R1 miljard beleggingsverbintenis

Cosatu sê die massiewe beleggingsverbintenis van een-miljard Suid-Afrikaanse rand van Hisense oor die volgende vyf jaar sal werksgeleenthede verseker en ook nog geleenthede oor die hele waardeketting skep. Hisense, 'n wêreldreus in elektronika, het sedert die opening van sy Atlantis-aanleg aan die Weskus in 2013, stelselmatig sy voetspoor vergroot. Matthew…
12 May 3AM 1 min

Moenie gesprekke opneem nie, dis onwettig

Die Landbouwerkgewersvereniging sê dit het onder sy aandag gekom dat gesprekke tussen werkgewers en werknemers toenemend deur een of albei partye opgeneem word. Die vereniging sê hierdie praktyk moenie aangemoedig word nie, aangesien dit onwettig is om 'n privaat gesprek op te neem sonder die ander persoon se toestemming. Kosmos…
12 May 3AM 1 min

Cosatu prys Hisense vir R1 miljard beleggingsverbintenis

Cosatu sê die massiewe beleggingsverbintenis van een-miljard Suid-Afrikaanse rand van Hisense oor die volgende vyf jaar sal werksgeleenthede verseker en ook nog geleenthede oor die hele waardeketting skep. Hisense, 'n wêreldreus in elektronika, het sedert die opening van sy Atlantis-aanleg aan die Weskus in 2013, stelselmatig sy voetspoor vergroot. Matthew…
12 May 3AM 1 min

Harambe-Oyetu-gemeenskapstuin kyk ook na vis, hoenders

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n 20-hektaar gewasse- en groente-gemeenskapstuin in Outjo ingewy, wat na verwagting 'n sleutelspeler in die Kunene-streek se landbousektor sal wees. Die Harambe-Oyetu-gemeenskapstuin sal ingevolge die Groenskemabeleid op 'n kommersiële grondslag bedryf word. Ndaitwah sê die regering staan vas agter sulke inisiatiewe en erken hul deurslaggewende rol…
12 May 1AM 1 min