Nuwe Trans Kalahari Fiber roete bring voordele

--:--
Paratus Botswana het die laaste been van sy veselroete voltooi om die nuwe Botswana Kalahari Fiber roete te skep. Altesaam 840km vesel is tussen die Namibiese grens en Lobatse gelê en is einde Maart geaktiveer. Dit voltooi die laaste been van die Paratus-geboude Trans Kalahari Fiber roete, wat van Johannesburg na Swakopmund in Namibië loop. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, gepraat wat sê die internetverbindings sal positief wees vir beide lande.
26 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Kenner sien net voordele in Iran se raffinadery-plan

Dit gons behoorlik oor Iran se aankondiging dat hy ooreenkomste aangegaan het om onder meer 'n olieraffinadery by Walvisbaai asook 'n oliebergingsfasiliteit in Namibië te vestig. Sommige kenners het kommer oor reaksie uit die Weste, terwyl ander die verwikkeling aanprys. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van professor Jannie Rossouw…
14 May 12AM 1 min

Uutoni sê derdeparty-aanstellings by plaaslike owerhede moet end kry

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, versoek plaaslike owerhede om nie skuld van hul kliënte via derdeparty-toepassers soos RedForce in te vorder nie. Hy sê inwoners moet eerder opgevoed word oor die dienste wat hulle ontvang en hul verantwoordelikhede om te verseker dat die dienste beskikbaar bly…
14 May 12AM 1 min

Bipa se uitreik na streke vorder goed

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, se jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram is vroeër verleng tot 30 Junie. Bipa het verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kon gaan om aansoek te doen vir die program. Hulle het sopas hul besoeke aan die Erongo-, Otjozondjupa-, Omaheke-, Hardap- en Karas-streke afgesluit. Kosmos 94.1…
13 May 11PM 1 min

Skietery by taverne in Mitchells Plain

Speurders van die Wes-Kaapse eenheid vir Ernstige en Gewelddadige Misdaad ondersoek 'n skietvoorval in Mitchells Plain. Twee onbekende aanvallers het by 'n taverne op 'n groep mans losgebrand. Drie van die mans is dood en ses beseer. Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die beseerde slagoffers…
13 May 11PM 1 min

Nuwe SA party se basiese inkomste-plan sal R1,25 biljoen per jaar kos

Die nuutgestigte politieke party in die buurland, Basic Income Grant, sê sy universele basiese inkomste-plan sal die regering 1,25 000 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar kos om te implementeer. Die party het die naweek sy verkiesingsmanifes by die Orlando-gemeenskapsaal in Soweto bekendgestel. Die party neem slegs in Gauteng aan die…
13 May 12PM 1 min