Voer-produksie kry knou weens leë Hardapdam

--:--
Die belangrike Hardapdam, waarop boere van die groenskema staatmaak, is tans net 12,3 persent vol. Boere by die besproeiingskema mag net 25 persent van hul lande besproei, maar kan so hul permanente gewasse behou. Kosmos 94.1 Nuus het met gepraat met Voermeester se hoof uitvoerende beampte , Jaco Labuschagne, oor hoe die beperking die produksie van voer sal affekteer.
26 Apr 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Iran-raffinadery: Maak nogal jaloers maar, hoe gaan ooreenkoms lyk?

Reaksie op Iran se ooreenkoms dat hy 'n oliebergingsfasiliteit in Namibië gaan vestig asook 'n olieraffinadery by Walvisbaai, stroom nog steeds in. Menings wissel van absolute afkeer tot groot opgewondenheid oor wat dit vir die streek sal beteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels…
14 May 6AM 1 min

Swapo weet ook nie hoekom Sophia in Beijing is nie

Swapo weet nie hoekom sy sekretaris-generaal Sophia Shaningwa en haar afvaardiging Beijing besoek nie. Sy is op aankoms hartlik verwelkom deur die omstrede Chinese sakevrou Stina Wu, wat ook plaaslik baie sakebelange het. Die nuus het groot kritiek uitgelok veral omdat Swapo sê hy het nie geld om ‘n kongres…
14 May 6AM 1 min

Versekeringsbedryf kom onder die loep met Afrika-konferensie

Namibië sal versekeringsreguleerders van regoor Afrika verwelkom vir die 2024 internasionale vereniging van versekeringstoesighouers, of IAIS, se sub-Sahara-streekseminaar, wat van 27 tot 31 Mei in Windhoek gehou word. Die seminaar word gesamentlik georganiseer deur die Namibië Toesighoudende Owerheid oor Finansiële Instellings, Namfisa, die IAIS, die Access to Insurance Initiative asook…
14 May 4AM 1 min

George: Vinnige optrede nodig vir geregtigheid

Cosatu vra die regering om baie vinnig op te tree om geregtigheid te verseker vir die slagoffers, oorlewendes en families van die George-ramp waar die gebou ingetuimel het. Volgens die amptelike syfers is 32 werkers dood en word 20 nog vermis ná die intuimeling. Matthew Parks van Cosatu sê die…
14 May 4AM 1 min