Privaat vennoot by Kaapstad-hawe verwelkom

--:--
Die Stad Kaapstad het die ontwikkeling van 'n privaat vennoot by die Kaapstad-hawe verwelkom. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê vroeër hierdie week het die Transnet Nasionale Hawe-owerheid 'n beroep op belanghebbende partye gedoen om tenders in te dien vir die vestiging, bedryf, instandhouding, opknapping, of bou en oordrag van 'n vloeibare grootmaat-terminal in die hawe vir 'n konsessietydperk van 25-jaar.
26 Apr 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Groen-waterstof en olie sal nie werk vir die jeug skep nie

Met die verkiesing op hande kom die vraag op, wat is die verskillende politieke partye se standpunte oor dringende kwessies in die land? Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Imms Nashinge, die Independents Patriots for Change se woordvoerder, oor jeug-werkloosheid. Hy sê die land fokus te veel op geleenthede in…
14 May 3AM 1 min

Uiters goeie loonooreenkoms in ingenieursektor

Numsa het 'n progressiewe loonverhoging van 7 persent in die ingenieursektor verwelkom, wat inflasie oortref. Numsa se sekretaris-generaal, Irvin Jim, sê die drie-jaar-ooreenkoms sluit verhogings vir die daaropvolgende ses jaar in. 'n Beduidende ontwikkeling is die identifisering van fondse vir werkersbehuising. Hy prys die vakbond se stryd vir werkers se…
14 May 3AM 1 min

George: Hoofkontrakteur nie geregistreer nie

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, sê die hoofkontrakteur van die ineengestorte George-gebou was nie by die Ontwikkelingsraad vir die Boubedryf geregistreer nie. Die raad reguleer die bedryf. Zikalala sê omdat Liatel Construction 'n privaat maatskappy is, hoef hy nie by die raad te registreer nie:
14 May 2AM 1 min

Mei-maand se groente-grenssluitings bekend

Die Namibiese Akkerbouraad het die sluiting van grense aangekondig vir ses groentesoorte dié maand, ondermeer beet, botterskorsies en spinasie. Die bestuurder van Tuinboukundige Markontwikkeling, Emilie Abrahams, verduidelik plaaslike verbouers moet beskerm word om die groei en volhoubaarheid van die landbousektor te beskerm. Sy sê die besluit stem ooreen met die…
14 May 2AM 1 min

Merc steeds besig met opgraderings

Mercedes sê hy bring die naweek nog opgraderings na die Emilia Romagna Grand Prix in Italië. As gevolg van vernietigende oorstromings wat die gebied verlede jaar getref het, was daar twee jaar gelede laas ʼn Formule Een-wedren in Imola. Mercedes se ingenieursdirekteur, Andrew Shovlin, sê hulle het die eerste helfte…
14 May 2AM 1 min