KosMOSfees was 'storm-fees', sê Kurt Darren

--:--
Die inwoners van Pionierspark slaak seker 'n sug van verligting met die KosMOSfees wat gisteraand by die Wanderers-velde ten einde geloop het. Die fees was 'n reuse-sukses, met 20 uur se Afrikaanse musiek oor die twee dae. Reaksie op die fenomenale projek is oorweldigend positief. Een van die sterre wat opgetree het, Kurt Darren, het sy ervaring so verwoord.
28 Apr 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

NWR vestig meer waterpunte in Visrivier-canyon

Namibia Wildlife Resorts sê hy het bykomende waterpunte in die droë Visrivier-canyon opgestel vir stappers om dehidrasie te vermy. Verskeie stappers moes reeds per helikopter ontruim word, en ander moes nooduitgange neem. Baie hoë temperature in die canyon van tot 40 grade Celsius of meer kan ernstige dehidrasie en gastro-intestinale…
14 May 11AM 1 min

76 000 oorsese kiesers gereed vir SA verkiesing

Die Verkiesingskommissie in die buurland bevestig dat sowat 76 000 oorsese kiesers hierdie naweek gaan stem. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het weens die hoё aantal kiesers twee stemdae aangekondig vir die Verenigde Koninkryk, op 18 en 19 Mei. Honderd-en-elf lande sal deelneem en het die nodige stemmateriaal ontvang. Mamabolo bevestig…
14 May 11AM 1 min

Die Rough and Tough-tydren is hier!

Uiteindelik het die Rough and Tough-tydren aangebreek! Dit vind hierdie naweek van 16 tot 19 Mei plaas en beloof om weer 'n prettige, enjin-aanjaag, kampvuur-storievertel geleentheid te wees. Die tydren is 'n Namibiese veldren-avontuur met voertuie van 1990 en ouer, wat 'n afstand van byna 1 000 km aflê. Hierdie…
14 May 10AM 1 min

Stapper Ray Sasman vertrek môre uit Keetmans

Ray Sasman van Swakopmund, wat besig is om die lengte van Namibië stap van die suide na die noorde, is tans in Keetmanshoop. Die staptog is om fondse in te samel vir die beoogde Narraville-jeugsentrum in Walvisbaai. Sasman, ’n geregistreerde masseerterapeut en akupunkturis, het op 1 Mei by Noordoewer begin…
14 May 10AM 1 min

Dis hoe dinge werk met gesteelde vee en hofsake

Die New Era berig dat boere in die Omaheke-streek nie hulle vee terugkry nadat die diere na diefstalle gevind is nie. Die diere word glo aangehou op die regeringsplaas Houmoed, waar die boere nie toegang tot hulle het nie. Sommige van die vee is na bewering al vier jaar op…
14 May 10AM 1 min