Handel-ministerie praat beleid met sakelui

--:--
Die handel-ministerie sal Maandag van 9-uur tot 1-uur hul beleids- en wetgewende verbintenisse met die sakegemeenskap van die Khomas- en Omaheke-streke by die ouditorium van die binnelandse sake-ministerie aanbied. Die deurslaggewende konsultasie met belanghebbendes sal op sleutelwetgewing fokus. Salom Katoole, die ministerie se hoof ekonomiese beampte, verduidelik.
28 Apr 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Sterftesyfer in George-ramp styg tot 26

Die sterftesyfer in die gebou-ineenstorting in George het tot 26 gestyg met die reddingsoperasie wat voortduur. Onder die 81 mense in die gebou tydens die ramp is 55 gered, en 13 is nog in die hospitaal. Van 26 is nog nie rekenskap gegee nie. Intussen sê George se Forensiese Patologiedienste…
13 May 8AM 1 min

Verkiesingskommissie soek jou ou bakkie

Die Verkiesingskommissie van Namibië nooi die publiek om hul voertuie beskikbaar te stel vir gebruik tydens die komende algemene registrasie van kiesers van 3 Junie tot 1 Augustus. Die voertuie moenie ouer as 10 jaar wees nie, moet 'n enkel- of dubbelkajuit 2x4 of 4x4 met 'n kappie wees, en…
13 May 8AM 1 min

Ons belê nie genoeg in ontwikkeling en navorsing nie

Beleggings in navorsing en ontwikkeling in die land is steeds laag, met net sowat 0,73 persent van die BBP wat daaraan bestee word. Die standaard is uitgawes van 1 persent van BBP. Namibië se ekonomie word op 248 miljard Namibiese dollar gewaardeer. 'n 1 persent belegging in navorsing en ontwikkeling…
13 May 7AM 1 min

Mbeki sê nasionale dialoog na verkiesing is broodnodig

Die gewese ANC-president, Thabo Mbeki, het herhaal dat daar ʼn behoefte bestaan aan ʼn nasionale dialoog ná die algemene verkiesing op 29 Mei. Hy was gister op ʼn verkiesingsveldtog in KwaZulu-Natal. Die regerende party se steun het in die 2021 plaaslike verkiesing in baie munisipaliteite in die provinsie tot onder…
13 May 7AM 1 min

Wat's volgende vir Namibië se mooistes?

Die top-tien vir die Mej. Namibië Tiener en Mej. Namibië is die naweek by ‘n glans geleentheid by Droombos net buite die hoofstad bekend gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Beulah Boois-Beukes van die skoondheidskompetisie gesels oor wat volgende vir die dames is.
13 May 7AM 1 min