KosMOSFees 'n 'bucket list' ervaring, sê Ricus Nel

--:--
Reaksie op die naweek se hoogs suksesvolle KosMOSFees, wat 'n ware fees van Afrikaanse musiek was, stroom steeds in. Die konsensus onder beide die publiek en kunstenaars is dat 'n uitsonderlike en baanbrekende geleentheid was. Marcel Theron van Kosmos 94.1 het gesels met die kunstenaar Ricus Nel, wat dit as 'n sogenaamde "bucket list" ervaring beskryf het.
28 Apr 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Premierliga: Arsenal weer bo

Arsenal is weer boaan die Premierliga-punteleer met ʼn 1-0 sege oor Manchester United. Leandro Trossard se doel was genoeg om die oorwinning te beklink en seker te maak die titel-wedloop gaan deur na die laaste dag van die seisoen. Die Gunners is een punt voor die heersende kampioene, Manchester City,…
13 May 2AM 1 min

Amper 4 000 afleggings ontstel vakbond

Die Nasionale Mynwerkersvakbond sê die aflegging van 3 107 mynwerkers en sowat 915 kontrakteurs by Sibanye Stillwater is ontstellend. Die myn het onlangs 'n Artikel 189-kennisgewing uitgereik waarin hy sy planne vir die aflegging van meer as 4 000 mense uiteensit. Die woordvoerder van NUM, Livhuwani Mammburu, sê die maatskappy…
13 May 2AM 1 min

Djokovic uit Italiaanse Ope

Alejandro Tabilo van Chili het die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal toe hy die wêreld-nommereen, Novak Djokovic van Serwië, by die Italiaanse Ope in Rome verslaan het. Die 26-jarige Tabilo het die sesmalige kampioen in die derde ronde met 6-2 en 6-3 geklop. Hy speel volgende teen die 16de…
13 May 1AM 1 min

George: Ondersoek na ineenstorting het begin

Die Suid-Afrikaanse polisieminister, Bheki Cele, sê die ondersoek na die ineenstorting van die gebou in George het begin. Die dodetal het tot 21 gestyg nadat nog vier liggame Sondag gevind is. Twee-en-dertig van die nagenoeg 81 konstruksiewerkers is nog nie gevind nie. Cele, wat die terrein besoek en met die…
13 May 1AM 1 min

Gas, olie, waterstof: Kommer oor korrupsie

Namibië se natuurlike hulpbronne kom gereeld onder die vergrootglas omdat daar dikwels aantygings van korrupsie is in die bestuur daarvan. Een van die nuutste hulpbronne is groenwaterstof ontwikkeling wat Namibië op die wêreldverhoog plaas. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het in Lüderitz 'n streeks-teenkorrupsie konferensie gehou wat die saak aangespreek…
13 May 1AM 1 min