Withuis beskryf varsity-protesaksies as anti-Semitisme

--:--
Die Withuis sê anti-Semitisme het geen plek in Amerika nie. Pro-Palestynse studente betoog toenemend op universiteitskampusse. Columbia-universiteit het begin om studente wat hierby betrokke is, te skors nadat hulle ʼn spertyd om uiteen te gaan geïgnoreer het. Die universiteit is die middelpunt van ʼn vlaag kampus-betogings in Amerika teen die oorlog tussen Israel en Palestyne in Gaza. Volgens berigte is meer as 34 000 Palestyne dood. Die Withuis se perssekretaris, Karine Jean-Pierre, beskryf die betoging as ʼn pynlike oomblik:
30 Apr 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Impalila-eiland gaan aerodrome kry: Mutorwa

Planne om die Impalila-eiland-aerodrome te bou, wat 'n geteerde aanloopbaan en ander fasiliteite insluit, is in 'n gevorderde stadium. Adjunk-premier John Mutorwa het die aangekondig gemaak terwyl hy die belangrikheid beklemtoon het om nie net padinfrastruktuur op die eiland te ontwikkel nie, maar ook lugvervoer. Hy was op die eiland…
16 May 12PM 1 min

SA terug by Internasionale Geregshof oor volksmoord in Gaza

Suid-Afrika veroordeel Israel se voortslepende volksmoord in Gaza en sê dit het die gewete van die mensdom geskok. Die regering het na die Internasionale Geregshof in Den Haag teruggekeer om die volksmoord, wat Gaza byna vernietig het, stop te sit. Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland, Vusi Madonsela, het Israel beskuldig…
16 May 12PM 1 min

Leeus sluit skole in Mukwe-kiesafdeling, Kavango-Oos

Vier skole in die Kavango-Oos-streek se Mukwe-kiesafdeling het klasse tydelik opgeskort weens leeus wat in die gebied rondloop. Die omgewingsake-ministerie bevestig dat drie leeus waargeneem is. Personeellede wat hul bewegings monitor meld dat die groep verdeel het, aangesien slegs die spore van 'n mannetjie en wyfie vanoggend gesien is. Kosmos…
16 May 11AM 1 min

Solidariteit waarsku oor vaardigheidstekort in metaal-, ingenieursbedryf

Die vakbond Solidariteit sê die onlangse loonooreenkoms tussen die Vereniging vir die Staal- en Ingenieursbedryf van Suider-Afrika en vakbonde in die bedingingsraad van die Metaal- en Ingenieursbedrywe kan lei tot 'n massa-uittog van ambagslui. Vakbonde is ontevrede omdat die ooreenkoms geld tot 2027, en glo dit devalueer vaardige werkers. Willie…
16 May 11AM 1 min