Weinstein sal weer verhoor word

--:--
Manhattan se distriksprokureur, Alvin Bragg, sê aanklaers sal teen September gereed wees vir die Hollywood-rolprentvaardiger, Harvey Weinstein, se herverhoor. New York se hoogste hof het verlede maand Weinstein se 2020-skuldigbevinding aan seksmisdade nietig verklaar en opdrag gegee vir ʼn herverhoor. Regters voer aan daar was foute in die manier waarop die verhoor plaasgevind het. Dit sluit in dat getuienis toegelaat is van vroue wat nie deel was van die aanklagte teen hom nie. Bragg sê hulle soek geregtigheid vir Weinstein se slagoffers:
2 May 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Impalila-eiland gaan aerodrome kry: Mutorwa

Planne om die Impalila-eiland-aerodrome te bou, wat 'n geteerde aanloopbaan en ander fasiliteite insluit, is in 'n gevorderde stadium. Adjunk-premier John Mutorwa het die aangekondig gemaak terwyl hy die belangrikheid beklemtoon het om nie net padinfrastruktuur op die eiland te ontwikkel nie, maar ook lugvervoer. Hy was op die eiland…
16 May 12PM 1 min

SA terug by Internasionale Geregshof oor volksmoord in Gaza

Suid-Afrika veroordeel Israel se voortslepende volksmoord in Gaza en sê dit het die gewete van die mensdom geskok. Die regering het na die Internasionale Geregshof in Den Haag teruggekeer om die volksmoord, wat Gaza byna vernietig het, stop te sit. Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland, Vusi Madonsela, het Israel beskuldig…
16 May 12PM 1 min

Leeus sluit skole in Mukwe-kiesafdeling, Kavango-Oos

Vier skole in die Kavango-Oos-streek se Mukwe-kiesafdeling het klasse tydelik opgeskort weens leeus wat in die gebied rondloop. Die omgewingsake-ministerie bevestig dat drie leeus waargeneem is. Personeellede wat hul bewegings monitor meld dat die groep verdeel het, aangesien slegs die spore van 'n mannetjie en wyfie vanoggend gesien is. Kosmos…
16 May 11AM 1 min

Solidariteit waarsku oor vaardigheidstekort in metaal-, ingenieursbedryf

Die vakbond Solidariteit sê die onlangse loonooreenkoms tussen die Vereniging vir die Staal- en Ingenieursbedryf van Suider-Afrika en vakbonde in die bedingingsraad van die Metaal- en Ingenieursbedrywe kan lei tot 'n massa-uittog van ambagslui. Vakbonde is ontevrede omdat die ooreenkoms geld tot 2027, en glo dit devalueer vaardige werkers. Willie…
16 May 11AM 1 min