Rassekwotas in eiendomsbedryf wek kommer

--:--
Die vakbond Solidariteit waarsku teen moontlike werksverliese in die eiendomsbedryf weens nuwe ras-regulasies. Volgens die vakbond vereis die regulasies ʼn vlak 8-telling vir swart ekonomiese bemagtiging en meer as 50-persent swart eienaarskap wat teen wit eiendomsagente kan diskrimineer. Solidariteit gaan die regulasies teenstaan om sy lede se werk te beskerm en sê kommer bestaan oor die uitwerking op indiensneming en die verlies aan ervaring en kennis in die bedryf. Johan Roos van Solidariteit sê sowat 30 000 eiendomsagente kan geraak word:
2 May 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Dalk goeie nuus vir brandstofprys vir Junie

Petrol- en dieselpryse is tans op koers vir verlagings aan die begin van Junie. Die jongste skatting van die Sentrale Energiefonds in Suid-Afrika toon dat die prys van 95 loodvrye petrol met sowat 62c per liter kan daal, terwyl die groothandelprys van diesel met tussen 74c en 77c kan sak…
17 May 12AM 1 min

Namibië en China, konstruksie, handel en meer, onder die loep

China en Namibië het 'n sterk verhouding wat dateer vanaf Namibië se onafhanklikwording in 1990. China is Namibië se grootste bron van buitelandse belegging, wat 'n beduidende rol in die land se ontwikkeling speel. Bilaterale handel het geleidelik gegroei, met China wat Namibië se tweede grootste handelsvennoot is. China voer…
17 May 12AM 1 min

Paratus verdubbel markkapitaal op NSX

Paratus Namibia Holdings Beperk het meer as 600 miljoen Namibiese dollar ingesamel deur sy onlangse regte-uitgifte en beleggingsaksie, wat ten volle onderskryf was. Die aansienlike kapitaalinspuiting het die maatskappy se markkapitaal op die Namibië-aandelebeurs effektief verdubbel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Andrew Hall, die groep se besturende direkteur, wat…
16 May 11PM 1 min

SA het goed opgeleide, gesonde landsburgers nodig

Die Referendum Party sê daar is 'n behoefte aan verbeterde toegang tot gesondheidsorg en onderwys in Suid-Afrika. Partyleier, Phil Craig, meen 'n gesonde, goed-opgeleide bevolking is onontbeerlik vir die bou van 'n eerstewêreldland. Craig sê Suid-Afrika se gesondheidsuitdagings sal egter nie opgelos word deur 'n massa-uittog van gesondheidslui nie, en…
16 May 11PM 1 min

Impalila-eiland gaan aerodrome kry: Mutorwa

Planne om die Impalila-eiland-aerodrome te bou, wat 'n geteerde aanloopbaan en ander fasiliteite insluit, is in 'n gevorderde stadium. Adjunk-premier John Mutorwa het die aangekondig gemaak terwyl hy die belangrikheid beklemtoon het om nie net padinfrastruktuur op die eiland te ontwikkel nie, maar ook lugvervoer. Hy was op die eiland…
16 May 12PM 1 min