Ondangwa-handelskou bevorder streeksekonomie: Uutoni

--:--
Die 11de uitgawe van die Ondangwa-handelskou speel steeds 'n deurslaggewende rol in die ekonomiese ontwikkeling van die dorp en die hele streek, volgens stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni. Uutoni het by die opening van die skou gepraat en sê hulle bevorder ook besighede deur aan hulle 'n platform te bied om hul goedere en dienste ten toon te stel. Meer as 140 uitstallers neem aan vanjaar se skou deel.
2 May 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Paratus verdubbel markkapitaal op NSX

Paratus Namibia Holdings Beperk het meer as 600 miljoen Namibiese dollar ingesamel deur sy onlangse regte-uitgifte en beleggingsaksie, wat ten volle onderskryf was. Die aansienlike kapitaalinspuiting het die maatskappy se markkapitaal op die Namibië-aandelebeurs effektief verdubbel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Andrew Hall, die groep se besturende direkteur, wat…
16 May 11PM 1 min

SA het goed opgeleide, gesonde landsburgers nodig

Die Referendum Party sê daar is 'n behoefte aan verbeterde toegang tot gesondheidsorg en onderwys in Suid-Afrika. Partyleier, Phil Craig, meen 'n gesonde, goed-opgeleide bevolking is onontbeerlik vir die bou van 'n eerstewêreldland. Craig sê Suid-Afrika se gesondheidsuitdagings sal egter nie opgelos word deur 'n massa-uittog van gesondheidslui nie, en…
16 May 11PM 1 min

Impalila-eiland gaan aerodrome kry: Mutorwa

Planne om die Impalila-eiland-aerodrome te bou, wat 'n geteerde aanloopbaan en ander fasiliteite insluit, is in 'n gevorderde stadium. Adjunk-premier John Mutorwa het die aangekondig gemaak terwyl hy die belangrikheid beklemtoon het om nie net padinfrastruktuur op die eiland te ontwikkel nie, maar ook lugvervoer. Hy was op die eiland…
16 May 12PM 1 min

SA terug by Internasionale Geregshof oor volksmoord in Gaza

Suid-Afrika veroordeel Israel se voortslepende volksmoord in Gaza en sê dit het die gewete van die mensdom geskok. Die regering het na die Internasionale Geregshof in Den Haag teruggekeer om die volksmoord, wat Gaza byna vernietig het, stop te sit. Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland, Vusi Madonsela, het Israel beskuldig…
16 May 12PM 1 min